Mossel Bay Advertiser

Punt-netbalspan­ne vaar goed

-

Die afgelope naweek het Hoërskool Punt se o/14A, o/16A en eerste netbalspan­ne aan die Bellville-netbaltoer­nooi deelgeneem.

Die o/14A-span het drie van hul vier wedstryde gemaklik gewen maar verloor ongelukkig hul laaste wedstryd teen Stellenber­g met een doel.

Die o/16A-span speel een wedstryd gelykop en wen die ander drie wedstryde.

Punt se eerstespan wen al vyf hul wedstryde.

“Baie geluk aan al die spanne met hul mooi prestasies en uitstekend­e gedrag. Sterkte aan al die netbalspan­ne met hul voorbereid­ings vir Saterdag se wedstryde teen Outeniqua.”

 ??  ?? Die o/14A-span tydens hulle toer.
Die o/14A-span tydens hulle toer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa