Mossel Bay Advertiser

Winterliga-atletiek begin

- Tersia Marais

Die sukses van die winterliga­atletiekby­eenkomste die afgelope twee jaar, het daartoe gelei dat die byeenkomst­e op 25 April weer by die Van Riebeeck-stadion begin.

Die inisiatief is van stapel gestuur om atlete die geleenthei­d te bied om aan byeenkomst­e deel te neem vanweë ‘n groot aanvraag daarna in die SWD-streek. Die byeenkomst­e in die wintermaan­de, dien dan ook as voorbereid­ing vir die komende atletiekse­isoen. Boonop het die sukses van atlete wat aan die 2017-winterliga deelgeneem het, vanjaar duidelik in hulle prestasie gewys.Die liga is oop vir alle atlete en byeenkomst­e vind elke tweede Woensdag tussen 17:00 en 19:00 by die stadion plaas. Die inskrywing­sfooi is R35 per atleet per byeenkoms. Atlete kan aan alle items op die program deelneem. Daar word meegeding in verskeie baanitems, verspring, hoogspring, gewigstoot en spiesgooi. Pryse vir atlete met besondere prestasies, sal weekliks uitgedeel word.

Bianca Janse van Rensburg wat met hierdie inisiatief begin het, het intussen ‘n pos in Kaapstad aanvaar en Eden Athlete Management Services het die geleenthei­d aangegryp om betrokke te raak.

Kontak hulle vir meer inligting (083 265 0798).

 ?? Foto: Tersia Marais ?? Jannie Nel van Eden Athlete Management Services, wat vanjaar die winterliga-byeenkomst­e bedryf, oorhandig Tonia Schonken se prys tydens een van verlede jaar se byeenkomst­e. Tonia het hierdie afgelope seisoen uitstekend gevaar en die SWD o/10-rekord in...
Foto: Tersia Marais Jannie Nel van Eden Athlete Management Services, wat vanjaar die winterliga-byeenkomst­e bedryf, oorhandig Tonia Schonken se prys tydens een van verlede jaar se byeenkomst­e. Tonia het hierdie afgelope seisoen uitstekend gevaar en die SWD o/10-rekord in...
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa