Kerk in Hei­de­rand ge­reed vir nu­we pad

Mossel Bay Advertiser - - Art & Entertainment - Cor­nel­le Car­stens

Na die ge­voei­li­ge slag wat die Pink­ster Pro­tes­tan­te Kerk Em­ma­nu­el in Hei­de­rand toe­ge­dien is, toe pas­toor Jo­han van Ee­den (50) na s­legs drie we­ke in Mos­sel­baai as lei­er van die ge­meen­te, in Ju­lie van­jaar voor sy huis in De Bak­ke dood­ge­skiet is, is die ge­meen­te ver­heug om 'n nu­we pas­toorspaar, Jan en Na­ta­sha Be­zui­den­hout te ver­wel­kom.

Die Be­zui­den­houts het in Mos­sel­baai, meer spe­si­fiek Da­na­baai kom her­ves­tig na­dat hul­le drie jaar by 'n ge­meen­te in El­lis­ras be­dien het. Pas­toor Jan staan reeds 11 jaar in die be­die­ning en het ook voor­heen 'n e­van­ge­lis­tie­se be­die­ning ge­had wat die paar­tjie reg­oor die land ge­neem het.

Die Be­zui­den­houts het pas­toor Jo­han van Ee­den ge­ken en be­skryf hom as "ie­mand wat uit­ver­koop was aan die He­re".

Pas­toor Jan Be­zui­den­hout het op 7 Ok­to­ber sy in­tree­preek by die PPK Em­ma­nu­el ge­le­wer.

"Die He­re het ons 'n her­stel­be­die­ning ge­gee. Ons word tel­kens ge­roep na ge­meen­tes waar daar her­stel be­no­dig word," ver­tel pas­toor Jan. Hy sê ook, dat hul­le met ope arms in Mos­sel­baai ver­wel­kom is en dat die ge­meen­te, ten spy­te van die trau­ma wat die PPK be­leef het na aan­lei­ding van pas­toor Van Ee­den se dood, ge­sond en ge­reed vir die pad vo­ren­toe is.

Pas­toor Jan het ook 'n sterk mu­siek­be­die­ning en het al die ver­hoog ge­deel met van Suid-A­fri­ka se be­kend­ste gospel­san­gers. Hy het ook reeds drie so­lo CD's op sy kerf­stok.

Sy vrou, Na­ta­sha, het 'n be­son­der­se vrou­e­be­die­ning. "Die He­re het die vi­sie met my ge­deel dat ver­al vroue hul­le­self nie sien soos God hul­le sien nie. Daar is et­li­ke voor­beel­de van hoe vroue moet wees en moet lyk in die me­dia be­skik­baar. As jy gaan Goo­gle oor die i­de­a­le vrou, sal jy baie ant­woor­de kry, maar wat sê die By­bel?"

Haar be­die­ning is daar­op ge­mik om vroue, te mid­de van toe­ne­men­de sa­me­le­wings­druk, se ei­e­waar­de te her­stel. Sy be­oog ook om in 2019, te fo­kus op die ge­meen­te se kin­der­be­die­ning.

Die eg­paar het 'n 23-ja­ri­ge seun wat in El­lis­ras werk.

"Sie­le is my hart en my pas­sie. Ons moet ont­hou, die Ko­nink­ryk word uit­ge­brei el­ke keer wat ons men­se be­reik wat ons nie voor­heen in die kerk ge­had het nie."

Pas­toor Jan Be­zui­den­hout en sy vrou, Na­ta­sha.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.