Dief­stal van R700 000

Mossel Bay Advertiser - - Kuns & Vermaak -

‘n On­der­ne­ming op Mos­sel­baai wat ver­skeie pro­duk­te, on­der meer kos, lek­ker­goed en skoon­maak­mid­dels ver­koop, het ‘n klag van dief­stal teen die ei­e­naars van 'n se­ku­ri­teits­maat­skap­py wat week­liks kon­tant by die on­der­ne­ming op­laai, aan­han­gig ge­maak.

Die ei­e­naar van die on­der­ne­ming, wat ver­kies om a­no­niem te bly, sê die geld­wa laai reeds die af­ge­lo­pe agt jaar kon­tant by die win­kel op.

Ty­dens Ok­to­ber het die geld­wa ou­der­ge­woon­te twee dae per week kon­tant op­ge­laai, maar dit is nooit in die be­sig­heids­re­ke­ning oor­be­taal nie.

Die be­drag wat in­be­taal moes word be­loop by­kans R700 000. Vol­gens die ei­e­naar, is dit die eer­ste keer in agt jaar dat so iets ge­beur.

“Hul­le sê die geld is weg en hul­le weet nie waar dit is nie. Vol­gens my ken­nis het hul­le eg­ter nog nie ‘n saak van dief­stal of be­drog by die po­li­sie aan­han­gig ge­maak nie.”

Sy sê die se­ku­ri­teits­maat­skap­py se pro­ku­reur het aan haar ‘n brief ge­skryf waar­in daar be­weer word dat die maat­skap­py se ver­se­ke­ring die geld aan haar sal te­rug­be­taal.

“Maar vol­gens my ken­nis is die maat­skap­py nie nood­wen­dig ver­se­ker vir daar­die be­drag nie.

Ek won­der of daar nog on­der­ne­mings is wat die­self­de oor­ge­kom het.”

Sy het ‘n saak van dief­stal by die Mos­sel­baai-po­li­sie­sta­sie ge­maak teen drie van die ei­e­naars van die se­ku­ri­teits­maat­skap­py.

Die saak is in­tus­sen na die Ge­or­ge­po­li­sie­sta­sie oor­ge­plaas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.