Da­na­baai-ka­per vas­ge­trek

Mossel Bay Advertiser - - Kuns & Vermaak - Nic­key le Roux

Groot-Brak­ri­vier se po­li­sie­woord­voer­der, kon­sta­bel Lau­ri­an­ne Bo­tha, het be­ves­tig dat die ka­per wat 'n vrou by die toe­gang na die dorp ge­kaap het, om­streeks 20:00 op Don­der­dag­aand, 1 No­vem­ber in Wol­we­dans ge­ar­res­teer is. Twee vroue van Da­na­baai was in ka­pings­voor­val­le baie vroeg op Son­dag, 28 Ok­to­ber by die ver­keers­krui­sing by die toe­gang na die woon­buurt be­trok­ke.

In die eer­ste voor­val om­streeks 04:20 het die slag­of­fer daar­in ge­slaag om te ont­snap.

In die twee­de voor­val, so­wat 10 mi­nu­te la­ter, het die ka­pers eg­ter daar­in ge­slaag om by die ver­keers­krui­sing in die slag­of­fer se voer­tuig te klim en het uit­ein­de­lik haar voer­tuig ge­steel. Een ver­dag­te het die po­li­sie ont­snap, maar ad­ju­dant-of­fi­sier Ger­hard Crau­se en re­ser­vis­kon­sta­bel An­dré Ter­blan­che van die Groot-Brak­ri­vier­po­li­sie het die ge­steel­de voer­tuig in die be­sit van die ge­ar­res­teer­de be­skul­dig­de ge­vind. 'n Hoe­veel­heid Tik is ook in die pro­ses op­ge­spoor. Die be­skul­dig­de het Maan­dag in die Mos­sel­baai-land­dros­hof voor­ge­kom.

Re­ser­vis­kon­sta­bel An­dré Ter­blan­che en ao Ger­hard Crau­se van die Groot-Brak­ri­vier-po­li­sie het die be­skul­dig­de wat ‘n vrou van Da­na­baai ge­kaap en haar voer­tuig ge­steel het, bin­ne en­ke­le dae vas­ge­trek. Mos­sel Bay po­li­ce are look­ing for G­hee­ta Vi­sa­gie in con­necti­on with a theft ca­se. If you see her, con­tact Sgt Ka­rel­se (044 606 2850 or 084 577 8512).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.