Mossel Bay Advertiser

Mosselbaai se ysbeertjie­s

- Jannie du Plessis

Alizia en Rudy Hopley, Lorette Binneman en Chris van der Berg het op Saterdag, 27 Junie, hulle staal gewys en die wind en waters van Mosselbaai trotseer.

Na Alizia en Lorette 10km vanaf die Engen-vulstasie in Hartenbos tot by die Punt in Mosselbaai gestap het, het hulle saam met die twee mans in die Poort geswem. Die span het hierdie uitdaging om 07:00 aangepak as deel van Ventersbur­g se virtuele Ysbeertjie­uitdaging en Kimberley se AWG 10km-uitdaging.

Alizia is 'n boorling van Kimberley terwyl Rudy op Mosselbaai gebore is. Chris kom van Beaufort-Wes af en Lorette, van Virginia in die Vrystaat. Hulle paaie het sowat 10 jaar gelede op Mosselbaai gekruis.

Projek Ysbeertjie word sedert 2004 in Ventersbur­g aangebied. Chris en Lorette is al vir vyf jaar deel van dié pret. Die geld wat ingesamel word, word aan liefdadigh­eid geskenk. "As gevolg van die nasionale inperking is Projek Ysbeertjie 2020 as 'n virtuele uitdaging aangebied. Ons het besluit om die seewater aan te durf,'" vertel Alizia.

Atletiek Griekwalan­d-Wes in Kimberley bied vanjaar gedurende elke vlak van grendelsta­tus, 'n virtuele wedloop aan. “Ons het op vlak 3 aan die uitdaging wat 'n 5- of 10km-wedloop of -staptog insluit, deelgeneem.”

Nood leer bid

Op Vrydag, 26 Junie het Alizia en Lorette besluit om beide uitdagings op een slag aan te durf. Vrydagmidd­ag het hulle hul uitrusting­s gemaak en eers 02:45 die volgende oggend met die banier klaargekry. Voordat Alizia gaan slaap het, het sy maar gebid dat die wind nie te erg sou waai nie.

Saterdagog­gend, 07:00 was hulle egter slaggereed vir aksie. Chris en Rudy het agter die twee vroue aangery vir beskerming teen die verkeer en om ondersteun­ing te bied. Hulle moes ook die banier vertoon en versnaperi­nge soos nodig aangee. "Die wind het ons heelpad van agter gestoot," vertel Alizia.

By die Punt aangekom, het hulle hul maskers opgesit, swemklere aangetrek en na die Poort gestap waar hulle toe ingespring het. Chris is na rype oorweging eerste die water in. Daarna het Alizia, Lorette en Rudy gevolg. "Die koue water was vir die manne 'n skok, maar vir my en Lorette was dit baie verfrissen­d na die lang stap. Ons sien baie uit om in 2021 weer so te maak," sê Alizia.

 ?? Foto’s: Jannie du Plessis ?? Alizia Hopley (links) en Lorette Binneman na hul 10km-staptog vanaf die Engen-vulstasie in Hartenbos, kom vol energie by die Punt in Mosselbaai aan. REGS: Alizia en Rudy Hopley, Lorette Binneman en Chris van der Berg baljaar hier in die ysige water van die Poort by die Punt.
Foto’s: Jannie du Plessis Alizia Hopley (links) en Lorette Binneman na hul 10km-staptog vanaf die Engen-vulstasie in Hartenbos, kom vol energie by die Punt in Mosselbaai aan. REGS: Alizia en Rudy Hopley, Lorette Binneman en Chris van der Berg baljaar hier in die ysige water van die Poort by die Punt.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa