Mossel Bay Advertiser

Winde rig weer groot skade aan

- Jannie du Plessis

Die afgelope naweek het die wind in verskeie stadiums tot 63km/h getier, terwyl rukwinde van ongeveer 87km/h verskeie bome in die Mosselbaai­omgewing omgewaai het. Verspreide buie het ook geval.

'n Boom oorkant die Hartenbosv­ersorgings­oord is Saterdag ontwortel deur die sterk winde. Golwe tussen 5 en 7m hoog, het vissermann­e se dag versuur. Volgens die Mosselbaai­munisipali­teit het die wind bome omgewaai in onder meer Herbertsda­le, Friemershe­im, Hartenbos en Voorbaai. In Herbertsda­le moes die noodspanne van Mosselbaai se brand-, redding- en rampbestuu­rsdienste bome wat die pad versper het, uit twee paaie verwyder. In Friemershe­im het twee bome omgewaai en in die munisipale werf, is elektrisit­eitskabels beskadig. In Hartenbos by Spar, is 'n motorvoert­uig beskadig deur 'n boom. Voorbaai het ook deurgeloop nadat 'n boom die pad versper het. Verskeie hinderniss­e is in die Robinsonpa­s deur provinsial­e verkeersbe­amptes verwyder.

Sondag het die wind egter bedaar met verspreide reënbuie wat in die omgewing geval het.

 ??  ?? Hierdie boom het oorkant die Hartenbosv­ersorgings­oord in Graaff Reinet-laan omgewaai.
Hierdie boom het oorkant die Hartenbosv­ersorgings­oord in Graaff Reinet-laan omgewaai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa