Noue ont­ko­ming vir vyf

Oudtshoorn Courant - - VOORBLAD - HANNES VISSER

Vier vol­was­se­nes en ‘n kind was ge­luk­kig om by­kans on­ge­deerd weg te stap na ‘n bot­sing by Wa­boom­s­kraal waar­in vier voer­tuie be­ska­dig is.

‘n Be­ken­de sa­ke­man van Oudts­hoorn, Si­as van G­reu­nen, sy vrou, Li­zet­te, en hul­le klein­dog­ter An­nan­die was Vry­dag­og­gend om­streeks 09:30 na die Ge­or­ge-lug­ha­we on­der­weg toe ‘n aan­ko­men­de bak­kie ‘n voer­tuig ver­by­steek en reg van voor op hul­le af­pyl. Dit blyk dat ‘n voer­tuig in die ry­vlak ge­wag het om by die ge­wil­de piz­zap­lek, Ro­ad­s­i­de De­li, in te draai toe ‘n Ford Ran­ger van ag­ter af die wag­ten­de voer­tuig ver­by­steek. Van G­reu­nen het na regs uit­ge­swaai en daar­in ge­slaag om ‘n bot­sing reg van voor te ver­my, maar sy Mer­ce­des het die ag­ter­wiel van die aan­ko­men­de bak­kie ge­tref. Die bak­kie se ag­ter­as is deur die slag af­ge­ruk waar­na die bak­kie tot teen ‘n ge­par­keer­de voer­tuig ge­rol het.

Vol­gens nog ‘n Oudts­hoor­niet, John Sk­le­narz, wat die be­sig­heid langs die de­li be­sit, was hy be­sig om klan­te te help om vrug­te in hul­le mo­tor te laai toe die bot­sing plaas­ge­vind het.

“Ons was baie ge­luk­kig, die bak­kie het ons ge­mis en tot teen my eie bak­kie ge­rol. Die as met wie­le het die klan­te se mo­tor en my­self ge­ge­neem tref. Ek kon nie glo dat die men­se in die Mer­ce­des en die bak­kie nie erns­tig seer­ge­kry het nie,” het hy Woens­dag­og­gend aan die Oudts­hoorn Cou­rant ge­sê. Die Van G­reu­nens en die twee in­sit­ten­des van die bak­kie is op die to­neel be­han­del, maar nie erns­tig be­seer nie. ‘n Klag van roe­ke­lo­se en na­la­ti­ge be­stuur word on­der­soek.

Die Ford Ran­ger het teen ‘n ge­par­keer­de bak­kie te lan­de ge­kom.

Die be­ska­dig­de voer­tuig van die Van G­reu­nens. Fo­to: Ni­co van der Mer­we

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.