Droog­te­hulp-di­nee kry steun

Oudtshoorn Courant - - VOORBLAD - TISHA STEYN

Om­ri van Zyl, uit­voe­ren­de hoof van A­gri SA, is die hoof­spre­ker by die di­nee wat A­gri He­rold Land­bou­ver­e­ni­ging se Help He­rold Boe­re in Nood-ak­sie op 27 Ju­lie in Wa­boom­s­kraal aan­bied.

Die di­nee word ge­re­ël om geld in te sa­mel om voer, wat lands­wyd aan droog­te­ge­teis­ter­de He­rold-boe­re ge­skenk is, hier­heen te ver­voer, en om aan­vul­len­de voer te koop vir boe­re wat dit net nie meer kan be­kos­tig nie.

Vol­gens Van Zyl het die droog­te in Suid-A­fri­ka vir hom ge­wys die staat is on­be­voeg om na­si­o­na­le ram­pe te han­teer. “Ons eie (A­gri SA se) fonds het am­per R100 mil­joen se waar­de ont­sluit, waar­son­der 12 000 kom­mer­si­ë­le boe­re geen hulp sou kry nie. Ek het nou die les ge­leer: Help jou­self, en pro­beer die re­ge­ring daar­by be­trek.”

So haal Han­lie Re­tief dié di­na­mie­se jong land­bou­lei­er aan in haar ru­briek Han­lie Re­tief praat met wat ein­de ver­le­de jaar in Rap­port ver­skyn het.

En dit is pre­sies wat Wee­ber Tru­ter en die ko­mi­tee van die land­bou­ver­e­ni­ging wat Help He­rold Boe­re in Nood tot stand ge­bring het, met die groot­se fonds­in­sa­me­lings­pro­jek doen.

“Ons weet ons streek is nie die e­nig­ste in die land wat ge­buk gaan on­der droog­te nie,” sê Tru­ter. “Daar­om doen ons self iets om te keer dat ons boe­re heel­te­mal on­der­gaan, wat kri­tie­se ge­vol­ge vir ons wer­kers en die be­sig­he­de in dor­pe in ons streek wat van land­bou­ers se steun af­hank­lik is.”

Ol­lie le Roux, voor­ma­li­ge S­pring­bok-rug­by­spe­ler wat na­by Bloem­fon­tein boer, is die an­der hoof­spre­ker. Le Roux het reeds ton­ne voer aan die He­rold-boe­re ge­skenk. “Ons kry voer van o­ral ver­niet, maar ons moet dit net self laat ver­voer,” sê Tru­ter.

CJ S­tan­der, S­pring­bok-rug­by­spe­ler en SuidKaap­se rug­by­held, is ook ‘n spre­ker by die di­nee. S­tan­der skenk een van sy rug­by­truie wat saam met an­der rug­by-me­mo­ra­bi­lia ty­dens die di­nee op­ge­veil gaan word.

Vol­gens Tru­ter is die 25 ta­fels (vir 10 per­so­ne elk) wat teen R10 000 per ta­fel aan sa­ke­on­der­ne­mings be­skik­baar ge­stel is, reeds ver­koop.

“Ons het ek­stra ta­fels be­skik­baar ge­maak so­dat in­di­vi­due ook kaart­jies vir die di­nee kan be­kom teen R1 000 per per­soon.”

Die di­nee, wat om 18:30 vir 19:00 ge­ske­du­leer is, word in die Op­pie Plaas Ve­nue in Wa­boom­s­kraal aan­ge­bied.

Vir na­vrae en be­spre­kings kon­tak De­an Bar­nard by 072 996 1668 of de­an@op­pie­plaas­ve­nue.co.za

Vir meer in­lig­ting oor die nood­pro­jek, kon­tak Wee­ber Tru­ter by 082 566 2070 of Chris­toph S­try­dom by 082 633 1488, of be­soek die Fa­ce­book-blad, Help He­rold Boe­re in Nood.

Fo­to ver­skaf

Die dor­re veld in die He­rold-om­ge­wing waar boe­re deur die droog­te ge­teis­ter word.

Boe­re er­vaar ge­reel­de vee­vrek­tes as ge­volg van die droog­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.