De Rus­ters ont­vang trans­port­ak­tes

Oudtshoorn Courant - - NEWS -

Meer as 150 De Rus­ters het ver­le­de Don­der­dag hul trans­port­ak­tes by die Oudts­hoorn-mu­ni­si­pa­li­teit ont­vang.

Co­lan Syl­ves­ter, bur­ge­mees­ter van die Oudts­hoorn-mu­ni­si­pa­li­teit, het ge­sê vir eer­ste huis­ei­e­naars is dit een van dié be­lang­rik­ste do­ku­men­te wat hul­le in hul be­sit kan hê.

Vol­gens Au­re­lia O­lip­hant, woord­voer­der van die Oudts­hoorn-mu­ni­si­pa­li­teit, was Kaai­tjie Mas­wa­ti (93) een van die 161 De Rus­ters wat haar trans­port­ak­te in ont­vangs ge­neem en het sy vir die eer­ste keer in haar le­we ‘n huis wat sy haar eie kan noem.

“Dié do­ku­ment gee nie net aan die huis­ei­e­naar ver­se­ke­ring vir huis­ves­ting nie, maar dien ook as na­la­ten­skap vir my na­ge­slag,” het Syl­ves­ter ty­dens sy toe­spraak ge­sê.

“Om hier­die re­de moet u baie oor­deel­kun­dig te werk gaan met hier­die do­ku­ment.” Hy het hul­le ver­der ge­ad­vi­seer om ‘n gel­di­ge tes­ta­ment in plek te kry.

Vol­gens O­lip­hant het die mu­ni­si­pa­li­teit in 2012 met ‘n pro­jek be­gin waar al­le in­wo­ners van la­e­kos­te be­hui­sing aan­soek moes doen vir hul trans­port­ak­tes by die mu­ni­si­pa­li­teit. Hier­die aan­soe­ke was dan na die vol­tooi­ing van la­e­kos­te hui­se in 2013 na die ak­te­kan­toor in Kaap­stad ge­stuur waar al­le in­lig­ting in­ge­voer en ge­pro­ses­seer is.

Voor­dat die bur­ge­mees­ter die trans­port­ak­tes aan die ei­e­naars oor­han­dig het, het hy aan hul­le ge­sê om hul­le trans­port­ak­te te be­waar so­dat dit nie in ver­keer­de han­de kan be­land nie.

Fo­to ver­skaf

Co­lan Syl­ves­ter, bur­ge­mees­ter, saam met Kaat­jie M­wa­ti (93).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.