Uit­spraak in verkag­ting­saak uit­ge­stel

Oudtshoorn Courant - - NEWS - GARNETT WICOMB

Die saak teen ‘n man van Oudts­hoorn wat te­reg­staan op aan­klag van ver­krag­ting, roof en huis­braak met die op­set om te steel, is ver­le­de week in die streek­hof vir uit­spraak tot 1 Au­gus­tus uit­ge­stel.

Mor­né Velds­man word daar­van aan­ge­kla dat hy op 15 No­vem­ber ver­le­de jaar by die wo­ning van Ed­win Mal­gas in­ge­breek en ‘n DVD-spe­ler en sel­foon ge­steel het.

Hy het na be­we­ring ook ‘n 28-ja­ri­ge vrou ver­krag. Velds­man pleit on­skul­dig.

Vol­gens hom was dit nie hy wat by Mal­gas se huis in­ge­breek nie en dat die vrou toe­stem­ming vir seks ge­gee na­dat hy en ‘n vriend haar glo van twee ro­wers be­vry het.

Die vrou het eg­ter ge­tuig dat Velds­man en sy vriend haar ver­krag en Velds­man haar sel­foon ge­vat het toe dit be­gin lui het.

Sy was on­der­weg van ‘n dans toe twee mans skie­lik te voor­skyn kom en haar pro­beer be­roof het. Velds­man en ‘n vriend, wat sy nie kon i­den­ti­fi­seer nie, het ook by­ge­kom en die mans het haar na ‘n vlak­kie ge­neem waar Velds­man haar kle­re uit­ge­trek en son­der toe­stem­ming met haar seks ge­had het.

Sy vriend het haar daar­na ook ver­krag. Velds­man het ge­tuig dat die klaag­ster daar­op aan­ge­dring het om ge­meen­skap te hê “uit dank­baar­heid” vir wat hul­le vir haar ge­doen het toe twee mans haar van haar geld wou be­roof.

Die staats­aan­kla­er Na­dia Le Roux, het die hof ver­soek om Velds­man op al die klag­tes skul­dig te be­vind om­dat hy ver­skil­len­de weer­ga­wes aan die hof voor­hou.

“Die klaag­ster was ‘n goeie ge­tuie en het ‘n dui­de­li­ke beeld ge­gee van wat ge­beur het, “het Le Roux ge­sê.

Velds­man se regs­hulp­pro­ku­reur, Wen­zel Bo­tha, het vir vry­spraak op al die aan­klag­te ge­vra om­dat die vrou aan­ge­dring het op seks vir Velds­man en sy vriend se goeie daad, en dat dit twee an­der mans was wat haar wou be­roof.

“Die be­skul­dig­de se weer­ga­we is re­de­lik moont­lik waar en hy be­hoort vry­ge­spreek te word,” het Bo­tha ge­sê.

Die saak dien voor streek­land­dros Da­niel Boks.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.