Fees van funk­si­o­ne­le kuns

Oudtshoorn Courant - - NEWS - HANNES VISSER

Een van die al­ge­meen­ste ver­sko­nings wat men­se gee om nie kuns te koop nie is “My mu­re is reeds te vol”. Dit is een van die re­des wat dr. Ja­net Dixon, ei­e­naar van Ar­tKa­roo kuns­ga­le­ry in Oudts­hoorn laat her­be­sin het oor die te­ma vir ‘n win­ter­uit­stal­ling. “Kuns is nie slegs skil­de­rye of beeld­hou­werk nie, kuns is juis die skep van iets nuuts, van iets on­ge­woons,” het sy ver­le­de Don­der­dag­aand ty­dens die o­pe­ning van die uit­stal­ling, T­hings to li­ve by, ge­sê.

Ver­skeie be­ken­de en plaas­li­ke kuns­te­naars is twee maan­de ge­le­de uit­ge­daag om kuns­wer­ke te skep wat ook as ge­bruiks­ar­ti­kels kan dien. “Die re­ak­sie, en­toe­si­as­me en kre­a­ti­wi­teit van kuns­te­naars was oor­wel­di­gend,” sê Dixon.

Stoe­le, lam­pe, spie­ëls, ta­fels, rak­ke, wa­kis­te, kers­hou­ers en ‘n ver­skei­den­heid an­der huis­hou­de­li­ke i­tems is deel van die uit­stal­ling wat tot 31 Ju­lie duur.

Ty­dens die o­pe­ning van die uit­stal­ling het Ja­co K­riek, oog­kun­di­ge van Oudts­hoorn, gas­te trak­teer met sy sak­so­foon­spel. Ar­tKa­roo is in die P­rin­ce Vin­cent ge­bou, in die steeg langs Mr P­ri­ce ge­leë.

Fo­to’s: Hannes Visser

Gas­te ty­dens die o­pe­ning van die uit­stal­ling,

Ja­co K­riek sorg vir stre­len­de sak­so­foon­klan­ke.

Dr. Ja­net Dixon, ei­e­naar van Ar­tKa­roo

Ger­bie van De­ven­ter en Ro­ger Young be­won­der hul­self.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.