Pas­toor wat glo ver­krag se ver­hoor be­gin

Oudtshoorn Courant - - NEWS - GARNETT WICOMB

Die ver­hoor van ‘n pas­toor van Dys­sels­dorp wat daar­van aan­ge­kla word dat hy ‘n tien­ja­ri­ge mei­sie ver­krag het, is na die ge­tui­e­nis van die kind tot la­ter van­jaar uit­ge­stel.

Die het kind in ca­me­ra en deur mid­del van ‘n tus­sen­gan­ger ge­tuig.

Die 48-ja­ri­ge man wat on­skul­dig pleit, het die kind vol­gens die on­der­soek­be­amp­te, sers. Frank­lin Hart­nick, glo in De­sem­ber 2015 na sy slaap­ka­mer ge­neem, haar kle­re uit­ge­trek, en daar­na met haar ge­meen­skap ge­had.

Hy het haar ge­waar­sku om vir nie­mand daar­van te ver­tel nie en sy het eers in Fe­bru­a­rie ver­le­de jaar, ter­wyl sy by haar ou­ma in Pa­calts­dorp ge­kui­er het, ver­tel wat met haar ge­beur het. Haar ou­ma het die saak toe by die po­li­sie aan­ge­meld en die be­skul­dig­de is op 27 Fe­bru­a­rie 2016, na­dat hy ‘n be­graf­nis waar­ge­neem het, in heg­te­nis ge­neem.

Sy regs­ver­teen­woor­di­ger, adv. Be­ni­to Me­tem­bo, het ge­vra dat hy in be­lang van ge­reg­tig­heid vry­ge­laat word om­dat geen bui­ten­ge­wo­ne om­stan­dig­he­de deur die staat voor die hof ge­bring is nie en is borg­tog van R 1 000 is toe­ge­staan.

Land­dros Lor­rai­ne Sa­mu­els het ty­dens die borg­toguit­spraak be­klem­toon dat ver­krag­ting van ‘n min­der­ja­ri­ge ‘n erns­ti­ge by­lae 6 mis­dryf is waar­voor die wet­ge­wer le­wens­lan­ge ge­van­ge­nis­straf voor­skryf.

On­der die be­skul­dig­de se borg­tog­voor­waar­des is dat hy drie keer per week by die Dys­sels­dorp­po­li­sie­sta­sie moet aan­meld, nie van a­dres mag ver­an­der nie en ook nie kon­tak maak met staats­ge­tui­es nie.

Die saak dien voor streek­land­dros Da­niel Boks en Na­dia le Roux ver­skyn na­mens die staat. Die saak is vir ver­de­re ver­hoor tot 19 Sep­tem­ber ver­daag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.