Man kry tronk­straf vir be­sit van pe­trol­bom­me

Oudtshoorn Courant - - NEWS - GARNETT WICOMB

‘n Man van Ca­litz­dorp is Maan­dag in die Oudts­hoorn-streek­hof vyf jaar ge­van­ge­nis­straf op­ge­lê vir die be­sit van pe­trol­bom­me, on­wet­ti­ge am­mu­ni­sie en dwelms.

Ken­neth Loff (37) het skuld be­ken op twee van die aan­klag­te, maar is ook op die der­de klag vir die be­sit van twee pe­trol­bom­me skul­dig be­vind.

Die staats­aan­kla­er Wil­lem Vis­ter, het die hof vir di­rek­te ge­van­ge­nis­straf ge­vra om­dat dit die e­nig­ste ge­pas­te von­nis sal wees. “Loff kon met die pe­trol­bom­me groot ska­de ver­oor­saak het en dit is dui­de­lik dat hy plan­ne ge­had het met die am­mu­ni­sie,” het Vis­ter ge­sê.

Loff se weer­ga­we dat hy die twee pe­trol­bom­me van ben­de­le­de af­ge­vat en dit aan die po­li­sie wou oor­han­dig, is deur die hof ver­werp. Hy kon nie ver­dui­de­lik waar­om hy dit ne­ge dae na die be­weer­de voor­val nooit ge­doen het nie.

Vol­gens Vis­ter is Loff aan erns­ti­ge mis­dry­we skul­dig be­vind. Dwelms is een van die groot eu­wels in die ge­meen­skap met ge­vaar­li­ke ge­vol­ge. Loff se regs­hulp­pro­ku­reur, B­ri­an Ca­ro­lus, het die hof ver­soek om die klag­tes vir von­nis­doel­ein­des saam te voeg.

Hy het die am­mu­ni­sie ver­sa­mel, die dwelms was vir sy eie ge­bruik en die plof­stof is nie on­reg­ma­tig ge­bruik nie.

Streek­land­dros LA Wil­kens het Loff tot een jaar tronk­straf ge­von­nis vir die be­sit van dwelms wat in ge­heel vir vyf jaar op­ge­skort is, een jaar vir die on­wet­ti­ge be­sit van am­mu­ni­sie en drie jaar, die mi­ni­mum von­nis vir die oor­tre­ding van die Wet op plof­stow­we, in­ge­vol­ge Ar­ti­kel 276 (1) (i) vir die be­sit van pe­trol­bom­me.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.