Drie F­re­da Bar­nard swem­mers ver­eer

Oudtshoorn Courant - - CLASSIFIEDS -

Drie swem­mers van die plaas­li­ke F­re­da Bar­nard-swem­skool het ver­skeie toe­ken­nings by die af­ge­lo­pe ga­la-prys­uit­de­ling van E­den/SWD­swem ont­vang.

An­li­ze Ver­meu­len ont­vang die toe­ken­ning as die bes­te vlak drie swem­mer. Sy is ook ver­eer vir haar bes­te tyd in die 200 vry­slag en is op­ge­neem in die SWD-span.

Ja­da Coet­zee ont­vang toe­ken­nings vir die bes­te tyd vir dog­ters o.10 in 50 m, 100 m en 200 m vry­slag, bes­te tyd in 50 m, 100 m en 200 m bors­slag, so­wel as die uit­voe­ren­de tro­fee vir die mees­te pun­te be­haal vir ju­ni­ors in die sei­soen. Ja­da is ook op­ge­neem in die SWD-swem­span so­wel as die Wes-Kaap­se sko­le­span.

Ka­ri G­rif­fi­oen ont­vang die toe­ken­ning vir die bes­te tyd in die 50 m en 100 m bors­slag vir dog­ters o.8.

Al drie swem­mers is op­ge­neem in die SWD-twee­kamp­span, wat deel­ge­neem het aan die SA twee­kamp­kam­pi­oen­skap in Paarl.

Hul af­rig­ter, De­lia Bil­john, het die swem­mers ge­loof het vir hul har­de werk en op­of­fe­ring. Sy noem dat die klub se doel­wit met die ko­men­de sei­soen sal wees om die sport te ont­wik­kel en nog meer swem­mers op kom­pe­ti­sie­vlak te laat mee­ding.

“Die swem­skool wil ook wa­ter­vei­lig­heid be­vor­der en wil graag nu­we swem­mers aan­moe­dig om by die klub aan te sluit. Bil­john kan ge­ska­kel word by 082 458 7427 vir meer be­son­der­he­de.

Fo­to ver­skaf

Be­kroon­de swem­mers van die F­re­da Bar­nard-swem­skool is van links: An­li­ze Ver­meu­len, Ja­da Coet­zee en Ka­rie G­rif­fi­on, By hul­le staan hul af­rig­ter, De­lia Bil­john.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.