Cup of He­roes wink vir plaas­li­ke at­le­te

Oudtshoorn Courant - - CLASSIFIEDS -

Jong sport­man­ne en -vroue van Dys­sels­dorp is ge­nooi om aan die Cup of He­roes in P­re­to­ria te gaan deel­neem.

Die mul­ti-sport­ge­leent­heid vind ge­du­ren­de die Sep­tem­ber-va­kan­sie plaas. Dit word be­skryf as die sport­ont­wik­ke­lings­in­stan­sie, S­co­re, se vlag­skip sport en ont­wik­ke­lings­kam­pi­oen­skap.

Dai­zy Acti­on-sport­klub se voor­sit­ter, El­ton du P­les­sis, het eg­ter ‘n plei­dooi ge­le­wer om fi­nan­sie­ring om hul deel­na­me moont­lik te maak.

Saam met die af­rig­ters en span­be­stuur­ders is hul­le 30 at­le­te wat aan die sok­ker, net­bal, vlug­bal, as­ook kul­tuur i­tems, soos dra­ma, dans en kuns gaan deel­neem, in­dien bor­ge dit vir hul­le moont­lik maak.

Die span be­no­dig on­ge­veer R60 000 vir slaap­plek, brand­stof, e­tes en ver­voer. E­ni­ge in­di­vi­due of in­stan­sies wat Dai­zy Acti­on­sport­klub fi­nan­si­eel wil by­staan, kan Du P­les­sis kon­tak by 081 873 2320 of dai­zy­acti­on­sport­sclub@gmail.com

El­ton du P­les­sis, Dai­zy Acti­on-sport­klub se voor­sit­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.