Har­le­quins wen der­by

Oudtshoorn Courant - - CLASSIFIEDS -

In ‘n skit­te­ren­de der­by in die SWD-rug­by se P­re­si­dents­liga het Har­le­quins vir Col­le­gi­ans met 23-21 ge­wen. Rus­tyd het Har­le­quins 15-6 voor­ge­loop.

Die wed­stryd het teen ‘n vin­ni­ge pas be­gin en die spe­lers aan al­bei kan­te het me­kaar be­hoor­lik vas­ge­vat. Geen ge­na­de is ge­vra of ge­toon nie. Die voor­spe­lers het ver­woed in­ge­klim en die ag­ter­spe­lers het die bal van hand tot hand be­weeg. Heg­te ver­de­di­ging aan al­bei kan­te het ver­hoed dat d­rieë vroeg aan­ge­te­ken kon word.

Har­le­quins het eer­ste pun­te aan­ge­te­ken, toe hul los­ska­kel, Keen­an E­sau, ge­slaag het met ‘n straf­skop, na ont­kant­spel deur Col­le­gi­ans. Kort na die in­skop word Har­le­quins ge­straf vir on­ge­oor­loof­de spel en die skrum­ska­kel van Col­le­gi­ans, Ro­nal­do Bo­tha, slaag met die straf­skop om die tel­ling 3 elk te maak. Die spe­lers het be­hoor­lik on­der me­kaar in­ge­klim, maar deur­kom kans was min. Har­le­quins het nog ver­der voor­ge­loop na on­kant­spel deur Col­le­gi­ans en E­sau slag met nog twee mak­li­ke straf­skop­pe en Bo­tha met een vir Col­le­gi­ans, wat die tel­ling op 9-6 te staan ge­bring het, in Har­le­quins se guns.

Teen die ver­wag­tin­ge het die een vleu­el van Har­le­quins oor­ge­duik vir ‘n drie, wat ver­doel is deur E­sau. Die tel­ling het toe op 15-6 ge­staan in Har­le­quins se guns. Dit was ook die rus­tyd­tel­ling.

Na rus­tyd het Col­le­gi­ans met meer vuur be­gin speel. Aan­val op aan­val is op die doel­lyn van Har­le­quins ge­loods. Dit was ook nie lank nie of hul skrum­ska­kel, Bo­tha, bars deur vir ‘n drie. Hy ver­doel dit ook om die tel­ling op 15-13 te staan te bring in Har­le­quins se guns.

Col­le­gi­ans se on­der­steu­ners was staan­de, want hul­le kon sien din­ge was aan die ge­beur. Na ‘n vin­ni­ge in­gooi deur Ber­tran Hen­dricks, sen­ter van Col­le­gi­ans, bars die heel­ag­ter, Roe­ge­lin Campher, deur en gaan druk in die hoe­kie vir ‘n on­ver­doel­de drie. Die tel­ling was nou 18-15 in Col­le­gi­ans se guns. Har­le­quins het al­les in hul ver­moë ge­doen om pun­te aan te te­ken, maar die ver­de­di­ging van Col­le­gi­ans het ge­hou.

Diep in die twee­de helf­te kry Col­le­gi­ans nog ‘n straf­skop na on­kant­spel deur Har­le­quins. Die plaas­ver­van­ger los­ska­kel van Col­le­gi­ans, Ro­ber­to Bo­tha, slaag met die straf­skop van bin­ne die half­ge­bied van Har­le­quins om die tel­ling 21-15 te maak in Col­le­gi­ans se guns. Die spel het warm be­gin raak, maar die ver­de­di­ging het ge­hou.

Har­le­quins was op die aan­val en na ‘n fout deur die los­ska­kel van Col­le­gi­ans, Ro­ber­to Bo­tha, val die een flank van Har­le­quins oor vir ‘n on­ver­doel­de drie, om die tel­ling op 21-20 te staan bring in Col­le­gi­ans se guns.

Col­le­gi­ans kon nog ver­der voor­ge­loop het as Bo­tha ge­slaag het met die mak­lik­ste straf­skop van die dag. Kort voor die ein­de kry Har­le­quins ‘n straf­skop na on­kant­spel deur Col­le­gi­ans en E­sau skop dit deur die pa­le om die tel­ling op 23-21 te staan bring. Dit was ook die eind­tel­ling.

Col­le­gi­ans hoef nie sleg te voel oor die ver­loor nie, want hul­le was die be­ter span op die veld. Vol­gens hul af­rig­ter, Sep­pie Ek­straal, het die spe­lers hul bes­te ge­gee en ge­wys waar­toe hul­le in staat is.

Fo­to’s: E­be­ne­zer Ti­tus

Col­le­gi­ans en Har­le­quins s­pring vir bal be­sit na ‘n hoë skop.

‘n Har­le­quins-spe­ler word grond toe ge­bring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.