Can­go Wild­li­fe wy skoon­maak aan Ma­di­ba

Oudtshoorn Courant - - NEWS -

De­le van die Grob­be­laars­ri­vier tus­sen Noor­den Ra­de­mey­erstraat is Dins­dag deur vry­wil­li­gers en per­so­neel van Can­go Wild­li­fe Ranch skoon­ge­maak.

Der­tien vry­wil­li­gers en vyf per­so­neel­le­de het die dag aan Man­de­la af­ge­staan en de­le van die ri­vier, waar hul­le kon by­kom, skoon­ge­maak. Rom­mel wat op­ge­tel is, is in swart sak­ke by­me­kaar­ge­maak wat deur die mu­ni­si­pa­li­teit op­ge­laai is.

‘n Span mu­ni­si­pa­le wer­kers het ook de­le van die ri­vier skoon­ge­maak. Hugo du P­les­sis, di­rek­teur van o­pe­ra­sies by Can­go Wild­li­fe Ranch, was saam met die span langs die ri­vier. Hy het ge­sê hy is ver­stom oor die hoe­veel­heid rom­mel wat langs die ri­vier lê.

“Daar is ho­pe en ho­pe rom­mel tus­sen die rie­te en die do­ring­bo­me wat ons nie kan by­kom nie. Men­se be­sef nie dat 80% van die plas­tiek wat in die see be­land met ri­vie­re langs uit die bin­ne­land kom nie en hier lê vrees­lik baie wat met swaar re­ën ook die pad see toe gaan vind,” het hy ge­sê waar die groep in Al­bert­straat be­sig was.

Hugo du P­les­sis, (di­rek­teur van o­pe­ra­sies by Can­go Wild­li­fe Ranch) heel links, en die span wat vir Man­de­la­dag die Grob­be­laars­ri­vier be­gin op­ruim het.

Fo­to’s: Hannes Visser

Vry­wil­li­gers van Can­go Wild­li­fe Ranch op die laag­wa­ter­brug in Al­bert­straat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.