Drie be­guns­tig­des baat by ete

Oudtshoorn Courant - - NEWS - HANNES VIS­SER

By­kans R25 000 is vir lief­da­dig­heid in­ge­sa­mel met kaart­jie­ver­ko­pe en ‘n vei­ling ty­dens ver­le­de Vry­dag­aand se win­ter­di­nee. Die ete is gra­tis deur Mintt en Black S­wan re­stau­rant aan­ge­bied na­dat sa­ke­man, De­on Bos­man, die i­ni­si­a­tief vir die in­sa­me­ling ge­neem het. Bos­man is lid van die Oudts­hoor­nie­te Staan Saam As­so­si­sa­sie, wat help met die ko­ör­di­ne­ring van lief­da­dig­heids­pro­jek­te. Die geld wat in­ge­sa­mel is, is ge­lyk­op ver­deel tus­sen So­li­da­ri­teit Hel­pen­de Hand, die ge­sin van Hei­nie van S­traat­en vir me­die­se kos­tes en OSS vir aan­wen­ding met vol­gen­de pro­jek­te. Hein Croc­ker, voor­sit­ter van OSS As­so­si­a­sie het Vry­dag­aand ge­sê as dit nie vir in­wo­ners en sa­ke­lui is wat hul­le har­te oop­maak nie sal die ver­kno­ri­sing waar­in baie men­se hul be­vind nog gro­ter wees.

Die hoof­borg van die aand was Mintt re­stau­rant wat die drie­gang maal­tyd en die ge­bruik van die he­le re­stau­rant-a­rea gra­tis ge­gee het. Mi­cha­el de Kock het die mu­siek kos­te­loos ver­skaf en die Her­rie het die druk van die kaar­tjies ge­borg. On­ge­veer 80 men­se het die aand by­ge­woon.

Gas­te in die tuin­re­stau­rant, Mintt, ty­dens Vry­dag­aand se ete vir lief­da­dig­heid.

Fo­to’s: Hannes Vis­ser

Hein Croc­ker en De­on Bos­man van OSS As­so­si­sie span ‘n hel­per in met die vei­ling ty­dens Vry­dag­aand se lief­da­dig­heids­e­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.