Ver­ras­sings­par­ty­tjie vir ei­e­naars

Oudtshoorn Courant - - NEWS - HANNES VIS­SER

Die ei­e­naars van Wes-Han­dels­huis, Camp Ro­ad­hou­se en Camp Ba­ke­ry is Dins­dag deur per­so­neel ver­ras met ‘n im­promp­tu ver­jaars­dag­par­ty­tjie.

Ja­co Vor­ster en Jo­han van Heer­den het ‘n af­skeids­funk­sie vir hul­le kon­tro­leer­der, Te­re­sa Lom­baard, ge­re­ël. Sy was meer as vyf jaar by Wes-Han­dels­huis en het ‘n an­der pos in die dorp aan­vaar. Ter­wyl hul­le Te­re­sa se af­skeid ge­re­ël het, het per­so­neel ge­kon­kel om die twee ge­luk te wens met hul­le oor­na­me van die be­sig­he­de vier jaar ge­le­de. Die per­so­neel het ver­skeie klan­te ge­nooi en al­mal tot stil­te ge­sweer oor die koe­ke wat ge­bak is en die ver­jaars­dag­vie­rin­ge wat wag.

Ja­co en Jo­han het vier jaar ge­le­de op 1 Au­gus­tus die drie be­sig­he­de oor­ge­neem en in­tus­sen groot uit­brei­dings aan­ge­bring. Dins­dag se par­ty­tjie was juis in die nuut­ste toe­voe­ging tot Wes-Han­dels­huis, die kof­fie­win­kel en de­li, Ca­fe­de-mo­ve-on. Die naam is her­ge­bo­re na­dat die oor­spronk­li­ke ei­e­naars van Camp Ro­ad­hou­se dit in 1941 ge­bruik het.

(Lees vol­gen­de Vry­dag meer oor die ge­skie­de­nis van Ca­fe-de-mo­ve-on en ‘n ver­sky­ning op die ont­byt­pro­gram Ont­byt­sa­ke op Sa­ter­dag 12 Au­gus­tus)

Fo­to ver­skaf

Jong­men­se van die Paarl saam met P­hil­lip Se­roux, pro­jek­koor­di­neer­der en John­ny Baart­man, voor­sit­ter van die Oudts­hoi­orn Chris­te­li­ke Jeug­fo­rum ty­dens ‘n be­soek aan die Kan­go-grot­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.