Ve­te­raan­trek­kers in aksie by skou

Oudtshoorn Courant - - NEWS -

‘n Groot ver­skei­den­heid ve­te­raan­trek­kers van die Suid-Kaap Ve­te­raan­trek­ker- en im­ple­men­te­klub sal weer soos ver­le­de jaar by die 2017 Ge­or­ge-lnd­bou­skou ten toon ge­stel word.

Gra­tis sleep­wa­rit­te (op eie ri­si­ko) sal met van die ve­te­raan­trek­kers en wa­en­tjies vir skou­gan­gers be­skik­baar wees. Weens groot be­lang­stel­ling en op­ge­won­den­heid ty­dens ver­le­de jaar se skou, sal daar van­jaar weer krag­te ge­meet word tus­sen tou­trek­span­ne en van die ve­te­raan­trek­kers.

‘n Nu­we hoog­te­punt van­jaar is ‘n de­mon­stra­sie van grond­voor­be­rei­ding tot en met die saai van saad. Dit sal op Sa­ter­dag 26 Au­gus­tus van­af 11:00 reg ag­ter die o­vaal­baan plaas­vind.

La­ter Sa­ter­dag­mid­dag sal daar op die o­vaal­baan ‘n kom­pe­ti­sie tus­sen ve­te­raan­trek­kers aan­ge­bied word.

Skou­gan­gers sal teen ‘n mi­ni­ma­le be­drag kan po­seer by die 1962 Mas­sey Ferguson trek­ker wat pienk en pers ge­re­stou­reer is in me­de­lye met al­mal wat die ge­veg teen kan­ker ver­loor het.

Al­mal word uit­ge­nooi om die be­dry­wig­he­de van die Suid-Kaap Ve­te­raan­trek­ker- en im­ple­men­te­klub by van­jaar se Ge­or­ge-land­bou­skou van­af 24 tot 26 Au­gus­tus te on­der­steun.

‘n Vol­le­di­ge pro­gram sal in die Ge­or­ge He­rald as­ook op die skou­pro­gram ver­skyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.