Dag­ga in La­di­smith ge­vind

Oudtshoorn Courant - - NEWS -

Die La­di­smith-po­li­sie het Dins­dag ‘n 34-ja­ri­ge man van P­hil­li­pi-Oos vir die be­sit van dag­ga in heg­te­nis ge­neem.

Vol­gens ao. Jan Ce­de­r­as, woord­voer­der van die Oudts­hoorn-po­li­sie, het die po­li­sie in­lig­ting ont­vang en ‘n per­seel in Ja­nu­a­rie­straat deur­soek.

“Die po­li­sie­be­amp­tes het 31 Zi­ploc-sak­kies vol dag­ga in ‘n gat in die vloer van die op­slaan­hut ge­vind. Dit is 4,386kg se dag­ga. Met ver­de­re on­der­soek is daar nog ‘n sak dag­ga in die ba­ga­sie­ruim van ‘n rooi Ford, wat ook op die per­seel was, ge­vind,” het hy ge­sê.

Vol­gens hom het die ver­dag­te het hy week in die La­di­smith-land­dros­hof ver­skyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.