Pre­mier en mi­nis­ters ver­ga­der in Oudts­hoorn

Oudtshoorn Courant - - NUUS -

Oudts­hoorn was Dins­dag die gas­heer van die Wes-Kaap­se pre­mier, He­len Zil­le se ko­ör­di­ne­rings­fo­rum. Die forum ver­ga­der op ‘n ro­ta­sie­ba­sis in ver­skil­len­de dor­pe in die pro­vin­sie. Die forum be­staan uit Zil­le as voor­sit­ter, al die ka­bi­nets­mi­nis­ters van die Wes-Kaap, so­wel as pro­vin­si­a­le amp­te­na­re, bur­ge­mees­ters en mu­ni­si­pa­le be­stuur­ders van die Wes-Kaap­se dor­pe en ver­skeie pro­vin­si­a­le rol­spe­lers.

N­to­be­ko Mang­q­weng­q­we, woord­voer­der van die Oudts­hoorn-mu­ni­si­pa­li­teit, sê die doel van die ver­ga­de­ring was om ge­leent­he­de en uit­da­gings bin­ne die Wes-Kaap­se re­ge­ring te be­spreek.

Die ver­ga­de­ring het ook in­ter­ak­sie ge­had ten op­sig­te van so­si­a­le, be­stuurs- en in­fra­struk­tuur­ver­wan­te aan­ge­leent­he­de en goeie prak­ty­ke in die han­te­ring van wa­ter­skaars­te en droog­te­be­stuur.

Fo­to ver­skaf

Met die Wes-Kaap­se pre­mier, He­len Zil­le, en Wes-Kaap­se mi­nis­ters se be­soek aan Oudts­hoorn, is van links: dr. I­van Mey­er (mi­nis­ter van fi­nan­sies), Do­nald Grant (mi­nis­ter van ver­voer en o­pen­ba­re wer­ke), Bong­in­ko­si Ma­di­ki­ze­la (mi­nis­ter van mens­li­ke ne­der­set­tings), Co­lan Syl­ves­ter (uit­voe­ren­de bur­ge­mees­ter) Zil­le, Dan Pla­to (mi­nis­ter van ge­meen­skaps­vei­lig­heid), dr. No­m­afrench M­bom­bo (mi­nis­ter van ge­sond­heid) Alan Win­de (mi­nis­ter van e­ko­no­mie­se aan­ge­leent­he­de), An­roux Ma­rais (mi­nis­ter van kul­tuur­sa­ke en sport), An­ton B­re­dell (mi­nis­ter van om­ge­wing­sa­ke en ont­wik­ke­lings­be­plan­ning), Al­bert F­ritz (mi­nis­ter van so­si­a­le ont­wik­ke­ling) en De­bo­rah S­chä­fer (mi­nis­ter van on­der­wys).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.