Oudts­hoorn wen be­hui­sings­toe­ken­ning

Oudtshoorn Courant - - NEWS -

Die Oudts­hoorn-mu­ni­si­pa­li­teit se de­par­te­ment van mens­li­ke ne­der­set­tings het die Wes-Kaap­se Go­vern M­be­ki 2017-toe­ken­ning vir die bes­te op­ge­gra­deer­de in­for­me­le ne­der­set­ting ge­wen.

Bong­in­ko­si Ma­di­ki­ze­la, Wes-Kaap­se mi­nis­ter vir mens­li­ke ne­der­set­tings, het die tro­fee by ‘n glans­funk­sie by die Lord C­har­les Ho­tel, So­mer­set-Wes aan S­he­haam Sims, Oudts­hoorn se waar­ne­men­de be­stuur­der mens­li­ke ne­der­set­tings, oor­han­dig. By die funk­sie is mu­ni­si­pa­li­tei­te, kon­trak­teurs, ont­wik­ke­laars en an­der rol­spe­lers ver­eer vir werk in die mens­li­ke ne­der­set­tings por­te­feul­je van mu­ni­si­pa­li­tei­te. Die Ro­se Val­ley-pro­jek, Oudts­hoorn, ge­ï­den­ti­fi­seer as die wen­pro­jek.

Bur­ge­mees­ter Co­lan Syl­ves­ter, het die de­par­te­ment ge­loof vir hul goeie en har­de werk. “Hier­die is ‘n reu­se­stap in die rig­ting om vol­hou­ba­re en vei­li­ge be­hui­sing vir ons ge­meen­skap­pe te skep.”

“Die pro­jek het in Ja­nu­a­rie 2016 be­gin. Al­te­saam 335 werks­ge­leent­he­de is ge­skep en meer as 100 hui­se is reeds aan be­guns­tig­des oor­han­dig.

Teen mid­del Ok­to­ber be­hoort ons al 335 hui­se te oor­han­dig,” het Sims ge­sê.

is

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.