Sa­cred He­art-trom­pop­pies kry sken­king

Oudtshoorn Courant - - NEWS - GARNETT WICOMB

Die trom­pop­pies van La­er­skool Sa­cred He­art het dank­sy die be­din­ging van die SWDrug­by­voet­bal­u­nie (SWDRVU) ‘n be­drag van R20 000 van Su­perS­port ont­vang wat die skool in staat ge­stel het om aan van­jaar se na­si­o­na­le trom­pop­pie­kam­pi­oen­skap in Dur­ban deel te neem.

Die span het vol­gens die ad­junk­hoof van die skool, Jo­na­than Wicomb, goed ge­vaar en in die al­ge­he­le agt­ste plek in die taai E­li­te-li­ga ge­ëin­dig.

Die trom­pop­pies het ty­dens die on­lang­se wed­stryd tus­sen die SWD A­ren­de en die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie op die B­ridg­ton-sport­ter­rein, wat reg­streeks deur Su­perS­port uit­ge­saai is, op­ge­tree.

Vol­gens Hen­nie Baart­man, pre­si­dent van die SWDRVU, was Su­perS­port baie be­ïn­druk met die trom­pop­pies se ver­to­ning.

Die skool­hoof, God­frey M­cCal­lum, het na­mens die skool sy dank te­noor die SWDRVU en Su­perS­port uit­ge­spreek vir die sken­king.

Fo­to: Garnett Wicomb

Die pre­si­dent van die SWD-rug­by­voet­bal­u­nie, Hen­nie Baart­man (mid­del) oor­han­dig die tjek aan die skool­hoof, God­frey M­cCal­lum. Links staan die ad­junk­hoof, Jo­na­than Wicomb, en regs die span se af­rig­ter, A­li­cia Booy­sen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.