Vrou vir dae ge­mar­tel en aan­ge­rand

Oudtshoorn Courant - - VOORBLAD - LIEZL VAN NIE­KERK

Woe­den­de in­wo­ners het dié week die deur van ‘n huis in Bon­go­let­hu oop­ge­breek om ‘n vrou, wat vir dae lank gy­se­laar ge­hou, ge­mar­tel en aan­ge­rand is, te red.

Die ge­meen­skap het ge­dreig om die men­se wat in die huis was ter­wyl Na­ta­sha Mei mis­han­del is, aan te rand. Mei was gis­ter steeds in ‘n kri­tie­ke toe­stand in die Oudts­hoorn-hos­pi­taal.

Vol­gens Sie­na Blou, Mei se tan­nie, is Mei ver­le­de Don­der­dag saam met En­ver Campher, by wie sy ‘n agt maan­de oue ba­ba het, by die huis weg. Na­dat hul­le eers by Campher se ou­ers was, is hul­le Son­dag na sy sus­ter se huis in Bon­go­let­hu. Dis hier waar die gru-voor­val af­ge­speel het. Campher se sus­ter, ‘n man en ‘n kind was glo in die huis ter­wyl Campher na be­we­ring vir Mei dae lank aan­ge­rand het.

“Ons is Dins­dag­og­gend deur men­se wat na­by die huis woon ge­haal, en ge­sê, Vlam­mie word aan­ge­rand. Ek, haar ma, haar nig­gie en nog ‘n vrou is Bon­go­let­hu toe om te gaan kyk wat aan­gaan. Ons het aan die deur ge­klop, maar nie­mand het ge­ant­woord nie. Ek het ‘n po­li­sie­voer­tuig wat in die pad ver­by ge­ry het ge­stop en om hulp ge­vra,” ver­tel Blou.

‘n Gr. 3-leer­der van La­er­skool Dys­sels­dorp was vir twee dae in die hos­pi­taal na­dat hy Maan­dag deur ‘n mo­tor om­ge­ry is. El­di­no Joos­te (9) was van die skool af op pad huis toe toe hy in Ge­lant­straat raak­ge­ry is.

Vol­gens sy ma, Ma­ria Moos, was hul­le ge­skok toe hul­le die nuus kry.

“Ek en my man werk in die Lang­kloof op ‘n plaas. El­di­no woon by sy ou­ma in Dys­sels­dorp. Ons is om­trent half­een van die to­neel af ge­bel en die men­se het vir ons ge­sê hy lê in die straat. Ons het re­ë­lings by die werk ge­tref en het da­de­lik ge­ry. Ons het half­drie ge­bel om te hoor by wat­ter hos­pi­taal my kind is en die men­se het vir my ge­sê dat die am­bu­lans nog nie op­ge­daag het,” het sy ge­sê.

Vol­gens Moos het die am­bu­lans eers een en ‘n half­uur na die on­ge­luk, net voor 15:00 by haar seun aan­ge­kom.

“Ons het van die Lang­kloof af ge­ry en saam met die am­bu­lans by die hos­pi­taal ge­stop,” het sy ver­tel.

Moos sê haar hart was in stuk­ke toe sy haar seun sien.

“Sy mond het erg ge­bloei. Ek het reg­tig ge­dink hy het erns­tig seer­ge­kry. Ek kan nie ver­staan waar­om die am­bu­lans so lank ge­neem het om by my kind uit te kom nie. Wat as hy dit nie ge­maak nie om­dat hul­le te lank ge­neem het?”

Vol­gens haar het sy en­kel sleg seer­ge­kry en het hy ook kop­be­se­rings op­ge­doen.

Vol­gens ao. S­te­phen Ter­blan­che, waar­ne­men­de sta­sie­be­vel­voer­der van Dys­sels­dorp­po­li­sie, word ‘n klag van roe­ke­lo­se en na­la­ti­ge be­stuur on­der­soek.

“Dit blyk dat die be­stuur­der wel pro­beer stop het, want daar was rem­mer­ke op die teer. Hy was ook op die to­neel toe die po­li­sie op­ge­daag het.”

Die Oudts­hoorn Cou­rant het ‘n na­vraag oor die re­ak­sie­tyd van die am­bu­lans aan die ge­sond­heids­de­par­te­ment ge­stuur. Teen sak­tyd is geen re­ak­sie ont­vng nie.

Fo­to: Greep uit vi­deo

Die erns­tig be­seer­de Na­ta­sha Mei word deur pa­ra­me­di­ci uit die huis ge­neem.

Fo­to verskaf

El­di­no Joos­te (9) by sy sus­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.