Be­ken­de sterf dag voor af­tre­de

Oudtshoorn Courant - - NEWS - HAN­NES VIS­SER

Die be­ken­de vee­be­mar­ker en pas­sie­vol­le per­de­lief­heb­ber, Ni­co du Bois, is Woens­dag­aand in ‘n mo­tor­on­ge­luk dood.

Die on­ge­luk het om­streeks 21:20 ge­beur toe sy Toyo­ta-bak­kie so­wat 9 km bui­te Oudts­hoorn na­by Sur­val ge­rol het. Hy was op pad huis toe toe die bak­kie regs van die pad af­ge­loop, om­ge­slaan en deur ‘n wild­hei­ning ge­rol het. Met die aan­koms van nood­diens­wer­kers het die bak­kie op sy sy­kant ge­lê en hul­le het be­gin om die bak­kie met me­ga­nie­se toe­rus­ting oop te sny om die erns­tig be­seer­de Du Bois uit te haal. Hy is eg­ter oor­le­de kort na­dat hul­le op die to­neel aan­ge­kom het.

Ge­skok­te vrien­de het op die to­neel saam­ge­drom en ‘n paar het ge­help om die los­ge­sny­de dak van die bak­kie te ver­wy­der om die lig­gaam uit te haal. Vol­gens een van die vrien­de het die on­ge­luk plaas­ge­vind ‘n dag voor­dat Du Bois sou af­tree. “Mô­re sou sy laas­te dag by die werk ge­wees het, en nou ge­beur so iets,” het hy op die to­neel ge­sê en by­ge­voeg dat A­da­mia, Du Bois se vrou in die Kaap is.

Du Bois was ‘n se­ni­or vee­be­mar­ker by die vee­be­mar­kings- en vei­lings­af­de­ling van die Klein Ka­roo Groep, waar hy so­wat 14 jaar ge­werk het. Hy is in De­sem­ber 1951 ge­bo­re. Hy laat sy vrou A­da­mia, en vier vol­was­se kin­ders A­dri, Je­an-Ma­rie, Nie­kie en Jo­han ag­ter.

Fo­to: Han­nes Vis­ser

Nood­diens­wer­kers ge­bruik meg­nie­se toe­rus­ting om die dak van die bak­kie te vewy­der. Die ag­ter­kant van die bak­kie is ver­stren­gel in die wilds­hei­ning waar­deur die voer­tuig ge­rol het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.