T­wee­ling don­kies bring vreug­de

Oudtshoorn Courant - - VOORBLAD - LIEZL VAN NIEKERK

Len­te het van­jaar op ‘n goeie noot be­gin na t­wee­ling don­kies Sa­ter­dag op ‘n klein­hoe­we bui­te Ca­litz­dorp ge­bo­re is.

Vol­gens Andrew Cook, die ei­e­naar van die don­kies, het hy ‘n jaar ge­le­de die mer­rie en hings aan­ge­neem na hul­le ge­red is.

“Ons het ge­sien die mer­rie, Mei­sie, raak al vet­ter, maar ons het ge­dink sy eet maar net goed.

“Sa­ter­dag­og­gend toe ek hul­le kos gaan gee, het ek een ba­ba­don­kie ge­sien. Ek het hom af­ge­neem en my vrou gaan wys en toe ons te­rug­kom toe sien ons daar is eint­lik twee,” het hy trots ver­tel.

Cook sê die t­wee­ling is ‘n hings en ‘n mer­rie. “Die hings, Jo­a­quin, is die spe­le­ri­ge een wat nie so bang is vir men­se nie en Ana is die mer­rie. Sy is ‘n ti­pie­se mei­sie. Sy is skaam en kruip so bie­tjie ag­ter ma se be­ne weg,” het hy ver­tel.

Cook sê hy was aan­vank­lik bang dat Mei­sie die t­wee­ling gaan ver­werp.

“Die pa, Boy­tjie, wou nie hê die een klein­tjie moes drink nie, so hy is nou vir eers in ‘n an­der kamp. Toe hy weg is het bei­de mak­lik aan haar ge­drink. So­ver gaan dit reg­tig goed met hul­le,” het hy ver­tel.

Vol­gens hom is Boy­tjie glo ge­kas­treer.

“Dit is dus moei­lik om te sê of dit sy kin­ders is, maar don­kies kan tot ‘n jaar aan ‘n klein­tjie dra. Die moont­lik­heid is dus dat hy reg­ge­maak is na sy drag­tig ge­raak het,” het hy ge­sê.

Cook sê die don­kies het vir hul­le reeds groot vreug­de ge­bring.

“Hul­le vrien­de­lik en spe­le­ri­ge per­soon­lik­he­de is on­ge­loof­lik om te aan­skou. Hul­le gal­lop el­ke og­gend en dit her­in­ner mens nog­al aan die flieks met die wil­de per­de, be­hal­we die vul­le­tjies is baie mooi­er,” het hy ge­sê.

An­ne­ma­rie van Zi­jl van E­sel­tjies­rus Don­key Sanc­tu­a­ry in M­cG­re­gor sê dié ver­skyn­sel is baie s­kaars.

“’n Mer­rie kan tot 12 maan­de dra aan die klein­tjie. ‘n T­wee­ling is ge­wel­dig s­kaars en die feit dat hul­le bei­de steeds leef is on­ge­loof­lik. Ge­woon­lik ver­werp die ma een of een is te swak om te oor­leef. Hier­die ver­skyn­sel is on­ge­loof­li­ke goeie nuus,” het sy ge­sê.

Mei­sie en die twee vul­le­tjies.

Andrew Cook saam met Mei­sie en haar kroos. Hul­le was Dins­dag, toe die fo­to ge­neem is, vier dae oud.

Ana, die mer­rie­vul. Fo­to’s: Liezl van Niekerk

Andrew Cook, Jo­a­quin en die mak eend, Ge­or­ge, loop in die lu­sern­land.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.