ACVV vier 100ste ver­jaar­dag

Oudtshoorn Courant - - VOORBLAD - CHRIS­TO VER­MAAK

Die Oudts­hoorn ACVV-tak is Vry­dag met hul 100ste be­staans­jaar ge­loof vir hul on­baat­sug­ti­ge diens.

Die vie­rin­ge het die og­gend met sang, volks­dan­se en ‘n straat­mars deur in­wo­ners van Oudts­hoorn se ACVV-te­hui­se, as­ook fa­mi­lie, per­so­neel en vrien­de, be­gin.

Vry­dag­aand was die Wes-Kaap­se mi­nis­ter van fi­nan­sies, dr. I­van Mey­er, die e­re­gas ty­dens ‘n ACVV-glans­funk­sie in die ban­ket­saal. Hy was vol lof vir die werk­ne­mers en be­stuurs­le­de by die plaas­li­ke ACVV-tak. Mey­er het aan die gas­te ge­sê maa­s­kap­li­ke werk is uit­da­gend en nie mak­lik nie.

Oor die plaas­li­ke tak het Mey­er ge­sê: “Hier­die tak het die Ang­lo-boe­re­oor­log, die eer­ste wê­reld­oor­log en die 1918 S­paan­se griep­e­pi­de­mie oor­leef. Hul­le het pyn, ly­ding, bit­ter­heid, moe­de­loos­heid en broos­heid oor­leef. “Van­dag gee ons te mak­lik op.”

Hy het die die­nen­de voor­sit­ter, Di­a­ne de Ja­ger en haar voor­gan­ger, Ro­sie S­choe­man, ge­loof vir hul­le werk.

“Die Duit­sers ver­tel, as jy pyn deel, half­eer jy pyn. As jy vreug­de deel, ver­dub­bel jy vreug­de.”

“Hier­die vrou­ens dien op ko­mi­tees. Hul­le sit nie op ko­mi­tees nie. Kyk hoe lyk hul­le wat in die in die Par­le­ment net sít.”

Oudts­hoorn se bur­ge­mees­ter, Co­lan Syl­ves­ter het ge­sê: “Jul­le het die stem ge­raak van die wat nie kan praat nie. Jul­le is die hand van die wat nie kan vat nie. Daar kan nie ‘n waar­de ge­skat word aan die werk wat jul­le doen nie.”

Die gas­kuns­te­naar, S­te­phnie le Roux, het voor haar san­gi­tems, ge­vra: “Wat is ‘n huis son­der ‘n moe­der? wat is Oudts­hoorn son­der die ACVV?”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.