Hul­de aan Ni­co du Bois ge­bring

Oudtshoorn Courant - - VOORBLAD - TISHA STEYN

Ni­co du Bois se voor­uit­sig om na sy af­tre­de sy tyd aan per­de te wy is ver­le­de Woens­dag­aand tra­gies kort­ge­knip toe hy die aand voor sy af­tre­de in ‘n mo­tor­on­ge­luk om­ge­kom het.

‘n Ge­denk­diens is Dins­dag­mid­dag by die NG Kerk Park in Bui­te­kant­straat ge­hou. Sy oud­ste dog­ter, A­dri, het ge­sê: “Pap­pa het ver­skrik­lik uit­ge­sien na sy af­tre­de. Hy het groot plan­ne met sy per­de ge­had.”

Du Bois (65), wat by­kans 14 jaar as se­ni­or vee­be­mar­ker by die Klein Ka­roo Groep se Vee­be­mar­king en Vei­lings-af­de­ling ge­werk het, sou op Don­der­dag 31 Au­gus­tus af­tree. Hy was Woens­dag om­streeks 22:00 op pad huis toe na ‘n af­skeids­ge­sel­lig­heid toe sy dub­bel­ka­juit­bak­kie na­by Sur­val O­lyf Boe­tiek­ho­tel die pad ver­laat en ge­rol het.

Du Bois laat sy vrou A­da­mia en vier vol­was­se kin­ders, A­dri, Je­an-Maré, Nik­ki en Jo­han, vier klein­kin­ders, as­ook twee broers, Hannes en Niel ag­ter.

Ce­lia le Roux van die plaas Doorn­kraal na­by die S­tomp­drift­dam ont­hou hom as i e­mand wat al­tyd ‘n plan ge­maak het: “Hy het al­tyd ‘n Plan A,B, C en D ge­had en dit dan met A­da­mia se ka­me­raad­skap met so­veel y­wer en e­ner­gie aan­ge­pak.

Hy was al­tyd po­si­tief, en as Ni­co by ‘n ver­trek in­stap, het dit glim­lag­te ge­bring.

Hy het men­se aan­ge­raak o­ral waar hy gaan en in al­mal ‘n in­ten­se be­lang­stel­ling ge­had.”

Du Bois was dik­wels be­trok­ke by vee­vei­lings wat by die Kan­sa­vei­lings­kra­le op Vol­moed ge­hou is. Laub­scher Coet­zee, van Vol­moed, ver­tel: “Ni­co het ma­le son­der tal by my op­ge­daag en kof­fie ge­drink. Hy was werk­lik een van daar­die men­se wie se be­soe­ke en teen­woor­dig­heid nooit on­ty­dig was nie, en waar­na mens al­tyd in af­wag­ting uit­ge­sien het. Ek vind dit moei­lik om my­self in te dink dat ek nooit weer saam met Ni­co kof­fie sal drink nie.”

Pas­sie vir per­de

Vol­gens A­dri was haar pa le­wens­lank pas­sie­vol oor per­de en het kom­pe­te­rend deel­ge­neem aan po­lo en uit­hou­rit­te.

“Perd­ry was sy kerk en sy ma­nier om na­by die na­tuur te leef. Hy sou die dag na sy af­tre­de ‘n ver ent saam met sy perdry­vrien­de gaan ry het,” ver­tel sy.

“In die ys­kas was ’n bak ge­kook­te ei­ers en sy ‘n Ge­denk­diens is Dins­dag­mid­dag vir Ni­co du Bois ge­hou na­dat hy ver­le­de Woens­dag­aand ver­on­ge­luk het. laas­te sel­foon­op­roep was om te re­ël vir die bak van ‘n brood­jie om vir al­mal ont­byt voor te sit.” Vol­gens Le Roux het rui­ters van die om­ge­wing el­ke jaar ‘n laas­te per­de­rit ge­re­ël.

“Ons het e­pie­se perdry­tog­te saam met Ni­co aan­ge­pak. Een jaar moes die per­de deur die S­tomp­drift­dam swem, en nie al­le per­de is goeie swem­mers nie. Dit was am­per, of daar het ‘n fout ge­kom. Ons klink ‘n vol­struis­na­el­tjie wit­blits op hom!”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.