Mu­ni­si­pa­le fi­nan­sies ge­sond en uit ‘sie­ke­boeg’

Oudtshoorn Courant - - NEWS -

Die Oudts­hoor­n­mu­ni­si­pa­li­teit se fi­nan­si­ë­le po­si­sie het in so ma­te ver­be­ter, dat die Wes-Kaap­se mi­nis­ter van fi­nan­sies, dr. I­van Mey­er ge­sê het: “Ek ver­klaar die mu­ni­si­pa­li­teit se boe­ke ge­sond. Dit was lank in die sie­ke­boeg.”

Mey­er het ver­le­de week sy oor­sig ver­ga­de­ring met mu­ni­si­pa­le be­stuur­ders, di­rek­teu­re en raads­le­de ge­hou. Ty­dens die ver­ga­de­ring het hy sy te­vre­den­heid uit­ge­spreek met die vor­de­ring ten op­sig­te van fi­nan­si­ë­le be­stuur en re­ge­ring, se­dert die nu­we plaas­li­ke re­ge­ring se oor­na­me.

“Oudts­hoorn-mu­ni­si­pa­li­teit het ver­se­ker ‘n goeie sto­rie om te ver­tel. ‘n Sto­rie wat hoop en ver­an­de­ring vir die dorp se in­wo­ners te weeg bring.

Bur­ge­mees­ter Co­lan Syl­ves­ter het die pro­vin­si­a­le re­ge­ring de­le­ga­sie ver­tel dat van die suk­ses­ver­ha­le is die feit dat die E­s­kom skuld van R54 mil­joen na R6,2 mil­joen af­ge­bring is. “Dit sal in Ok­to­ber reeds in to­taal ver­ef­fen word.”

“Die to­ta­le skuld­las van R110 mil­joen, wat die nu­we re­ge­ring op 3 Au­gus­tus 2016 oor­ge­neem het, is reeds na R22,5 mil­joen ver­min­der.”

Fe­lix L­öt­ter, di­rek­teur fi­nan­sies, het in sy voor­leg­ging aan Mey­er ge­sê die mu­ni­si­pa­le skuld­in­vor­de­ring staan nou op 96%. “Al­hoe­wel die mu­ni­si­pa­li­teit vroe­ër as ver­wag uit sy skuld­las sal kom, sal dit steeds nog vier jaar neem om ten vol­le te her­stel.”

Mey­er het aan­ge­kon­dig dat die Wes-Kaap­se re­ge­ring R145 453 mil­joen in die 2017/2018-fi­nan­si­ë­le boek­jaar aan die Oudts­hoorn-mu­ni­si­pa­li­teit sal oor­be­taal. Die geld moet aan­ge­wend word vir on­der an­de­re die Dys­sels­dorp- en Kan­go-grot­te paaie se op­gra­de­ring, as­ook die her­se­ël van die Oudts­hoorn-De Rust-pad.

Hy het ook aan­ge­kon­dig dat ‘n ver­de­re R500 000 ge­al­lo­keer sal word vir die daar­stel en be­stuur van ‘n nu­we sa­ke­mo­del vir die be­stuur van mu­ni­si­pa­le oor­de.

ver­skaf

Bur­ge­mees­ter Co­lan Syl­ves­ter (links) en dr. I­van Mey­er (Wes-Kaap­se mi­nis­ter van fi­nan­sies). Fo­to:

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.