Man wat swan­ger vrou ver­krag swaar ge­straf

Oudtshoorn Courant - - NEWS - GARNETT WICOMB

‘n Man wat ‘n swan­ger vrou ver­krag en be­roof het en ook aan huis­braak skul­dig be­vind is, is Maan­dag in die Oudts­hoorn-streek­hof al­te­saam 31 jaar tronk­straf, ef­fek­tie­we­lik 27 jaar, op­ge­lê .

Die 23-ja­ri­ge Mor­né Velds­man het ‘n ma van drie kin­ders, wat van ‘n 21ste par­ty­tjie huis toe on­der­weg was, ver­krag en van haar sel­foon be­roof, en vroe­ër ook by die huis van Ed­win Mal­gas in­ge­breek en ver­skeie i­tems ge­steel. Sy weer­ga­we dat hy en ‘n v­riend, wat nie voor die hof ge­bring is nie, deur die vrou be­loon is om­dat hul­le glo haar le­we ge­red het, is deur die hof ver­werp.

Streek­land­dros Da­niel Boks het met von­nis­op­leg­ging ge­sê Velds­man het ‘n lei­den­de rol in die ver­krag­ting ge­speel en toon geen be­rou nie.

Hy en sy v­riend het die vrou om die beurt ver­krag ter­wyl twee an­der mans wat haar glo van haar geld wou be­roof, toe­ge­kyk het. Al vier het na die ver­krag­ting weg­ge­hard­loop.

Vol­gens die land­dros is die mi­ni­mum von­nis vir groeps­ver­krag­ting le­wens­lan­ge ge­van­ge­nis­straf en vir roof met ver­swa­ren­de om­stan­dig­he­de vyf­tien jaar. Die hof het eg­ter be­vind dat le­wens­lan­ge ge­van­ge­nis­straf skok­kend on­van­pas sal wees om­dat Velds­man “man­moe­dig” al­leen voor die hof ge­staan het en ‘n eer­ste oor­tre­der is.

“Wat kom­mer­wek­kend is,” het die land­dros ge­sê, “is die feit dat al hoe meer jong­men­se van­dag by mis­daad be­trok­ke raak”.

Velds­man is 20 jaar tronk­straf op­ge­lê vir ver­krag­ting, agt jaar vir roof met ver­swa­ren­de om­stan­dig­he­de en drie jaar vir huis­braak met die op­set om te steel en dief­stal.

Die hof het ge­las dat die helf­te van die von­nis vir roof sa­me­lo­pend met die von­nis vir ver­krag­ting uit­ge­dien kan word, wat ‘n ef­fek­tie­we tronk­straf van 27 jaar be­te­ken.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.