JanBraai be­soek Suid-Kaap

Oudtshoorn Courant - - VOORBLAD - CHRIS­TO VER­MAAK

Met na­si­o­na­le Braai­dag wat op Er­fe­nis­dag Son­dag 24 Sep­tem­ber ge­vier word, het JanBraai as deel van ‘n be­wus­ma­kings­veld­tog oor Suid-A­fri­ka se er­fe­nis, Dins­dag­aand 12 Sep­tem­ber by Ca­litz­dorp Spa ge­braai.

JanBraai en ‘n groep van 200 me­de-braai­ers is op ‘n Er­fe­nis­dag-be­wus­ma­kings-braai­veld­tog, waar hul­le in ag­ter­ste­de en dor­pe die vu­re aan­steek en hul braai­teg­nie­ke ten toon stel.

Hul­le het op Sa­ter­dag 9 Sep­tem­ber in Kaap­stad be­gin braai en sluit Sa­ter­dag 16 Sep­tem­ber die braai­toer in Port-E­li­za­beth af.

JanBraai word per he­li­kop­ter van dorp tot dorp ge­vlieg, met sy on­der­steu­ning­span wat hom in voer­tuie volg. Die voor­raad, kos en toe­rus­ting word met bak­kies en ‘n vrag­mo­tor aan­ge­ry, soos die toer vor­der.

Fo­to: Chris­to Ver­maak

JanBraai kort na hy uit die he­li­kop­ter by Ca­litz­dorp Spa ge­klim het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.