Drie vrien­de sterf saam

Oudtshoorn Courant - - VOORBLAD - LIEZL VAN NIE­KERK

‘n E­mo­si­o­ne­le to­neel het hom Maan­dag langs die De Rust-pad af­ge­speel toe fa­mi­lie en vrien­de van drie vrien­de wat Sa­ter­dag­nag in ‘n bot­sing dood is, ‘n krans­leg­ging op die on­ge­luks­to­neel to­neel ge­hou het.

Die mo­tor­wrak met die lig­ga­me van Fran­cois Bo­tha, Al­bert Ja­cobs en An­ton de Rid­der is eers Son­dag­og­gend in ‘n uit­gra­wing op die trein­spoor tus­sen De Rust en Dys­sels­dorp ont­dek. Dit is on­dui­de­lik hoe laat Sa­ter­dag­nag die on­ge­luk ge­beur het.

Vol­gens in­lig­ting wat die Oudts­hoorn Cou­rant be­kom het, het die drie vrien­de in De Rid­der se O­pel van­uit Dys­sels­dorp ge­ry. Die be­stuur­der van die voer­tuig het nie by die stop­straat met die aan­slui­ting van die hoof­pad stil­ge­hou nie. Die mo­tor is oor die hoof­pad, by ‘n ver­keers­bord ver­by en het in die diep uit­gra­wing tot op die trein­spoor ge­val en neus eer­ste ge­land. Nie­mand was be­wus van die bot­sing nie en dit blyk dat ie­mand om on­ge­veer 09:00 Son­dag­og­gend die wrak en die lig­ga­me op­ge­merk het.

Fran­cois Bo­tha se neef, Jann Bo­tha, het ty­dens die krans­leg­gings­diens ge­sê dat dié drie mans baie goeie vrien­de was.

“Hul­le was vrien­de tot die dood. Ons is hart­seer vir die ma­nier waar­op hul­le van ons af weg­ge­neem is. Ons is hart­seer dat ons nie eens ge­weet het van die on­ge­luk tot die vol­gen­de dag nie, maar ons weet dat die drie van hul­le nou saam in vre­de sal rus.”

Bo­tha het sy neef as ‘n fa­mi­lie­man be­skryf. “Hy was lief vir sy men­se. Hy was al­tyd be­reid om al­mal te help. Die men­se wat van­dag hier staan sal ge­tuig daar­van. Ons was trots op hom vir die mens wat hy was.”

Vol­gens hom was Bo­tha ‘n kra­ni­ge sport­man en het hy vir Col­le­gi­ans-rug­by­klub op Oudts­hoorn ge­speel.

Bo­tha was ‘n pa van vier kin­ders tus­sen die ou­der­dom­me van ses en 14 jaar oud.

Bo­tha word Sa­ter­dag om 11:00 van­uit die In­de­pen­den­te Kerk in B­ridg­ton be­gra­we. Die diens sal voor­af ge­gaan word deur ‘n diens om 10:00 by sy huis in Ro­se Val­ley 16735.

S­hir­ley Plaat­jies, Ja­cobs se vrien­din sê dié drie vrien­de was by Van der Berg Ver­voer werk­saam.

“Ons het hom Jim­mie ge­noem. Hy was ‘n on­ge­loof­lik mens en ‘n pa van drie kin­ders. Hy was lief vir grap­pies maak en het nooit men­se ie­wers ge­los son­der om eers ‘n grap­pie te maak nie,” het sy ver­tel.

Ja­cobs se kin­ders is tus­sen een en 10 jaar oud.

Plaat­jies sê die on­ge­luk is vir hul­le ‘n groot skok om te ver­werk.

“Ons weet nie of hy nog ge­le­we het na die on­ge­luk nie. Ons weet nie hoe lank hy daar ge­lê het nie, ons weet niks. By sy lyk­skou­ing wou hul­le nie eens sy ge­sig vir ons wys nie, want hy het glo te sleg ge­lyk,” het sy ge­sê.

Sy be­graf­nis­da­tum was teen druk­tyd nog nie be­kend nie.

Die Oudst­hoorn Cou­rant kon nie daar­in slaag om De Rid­der se fa­mi­lie te kon­tak nie. Die po­li­sie op Dys­sels­dorp het by na­vraag ge­sê hul­le het geen in­lig­ting oor die bot­sing nie, maar het be­ves­tig dat ‘n saak van straf­ba­re man­slag on­der­soek word.

Die wrak waar­in die drie vrien­de Son­dag­og­gend ont­dek is.

Al­bert Ja­cobs (Jim­mie)

An­ton de Rid­der

Fran­cois Bo­tha

Fo­to: Liezl van Nie­kerk

Hart­seer to­ne­le het ty­dens die krans­leg­gings­diens af­ge­speel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.