Sus­ter praat oor aan­ran­ding

Oudtshoorn Courant - - NEWS -

“Ons is ook in die huis gy­se­laar ge­hou en En­ver het my ook pro­beer aan­rand.”

So ver­tel Ash­ley Campher, die sus­ter van En­ver Campher wat van po­ging tot moord op Na­ta­sha Mei aan­ge­kla word.

En­ver het Mei ein­de Au­gus­tus vir dae in sy sus­ter se huis in Bon­go­let­hu gy­se­laar ge­hou. Hy het haar ge­mar­tel en aan­ge­rand tot in­wo­ners van Bon­go­let­hu uit­ein­de­lik drie dae la­ter die deur oop­ge­breek het om Mei te be­vry.

Ash­ley Campher en Her­ma­nus Jul­lies

Campher sê sy en haar seun, wat ge­stremd is, so­wel as haar vriend, Her­ma­nus Jul­lies, het in Bon­go­let­hu ge­woon toe die voor­val plaas­ge­vind het.

“Die Vry­dag­aand voor die voor­val wou Na­ta­sha en En­ver al na my toe kom. Ek het ‘n draai gaan stap tot ek ge­dink het hul­le is weg, maar toe ek in die pad op­kom het hul­le nog steeds by my voor­deur ge­sit. Ek het om­ge­draai en my neef gaan haal om hul­le te ver­wy­der. Sa­ter­dag het En­ver een­vou­dig net by my voor­deur in­ge­stap en, soos ge­woon­lik, kom maak of die plek aan hom be­hoort.”

Vol­gens Campher het En­ver vir Mei be­gin drank gee.

“Ek was die he­le Sa­ter­dag­aand wak­ker. Ek het mooi met hul­le ge­praat en uit Die By­bel uit ge­lees en ge­pleit dat hul­le op die reg­te pad moet kom, maar dit was te ver­geefs. Hy het haar vroeg Son­dag­og­gend be­gin slaan. Ek het weer ge­pleit en ge­sê ek wil nie sul­ke goed in my huis hê nie. Ek hou daar­van dat an­der men­se in my huis moet kom nie, juis om pro­ble­me te ver­my. Hy het my teen die muur ge­gooi en my met sy voor­arm vas­ge­druk en ge­dreig om my ook te slaan. Hy het my ge­skel en die le­lik­ste woor­de ge­skree.”

Vol­gens Campher het haar broer al met sy aan­koms die sleu­tel uit die voor­deur ge­trek. Sy het ver­dui­de­lik dat haar huis twee deu­re het, maar dat bei­de deu­re se sleu­tels aan­me­kaar vas is.

“Ek kon nê­rens heen gaan nie. Hy het een­vou­dig net ge­wei­er. El­ke keer as ek met hom praat het hy ag­gres­sief ge­raak. My kind het ‘n aan­val ge­kry toe die din­ge in die huis be­gin le­lik raak. Ek weet men­se bla­meer my dat ek niks ge­doen het nie, maar ek was self bang. Waar ek woon is dit el­ke mens vir hom­self en een God vir al­mal. Die bu­re het ge­hoor wat aan­gaan, maar nie­mand het kom help nie. Ek kan ook mos nie net by ‘n ven­ster uit­klim en my kind al­leen by hom los nie. Ek het nie ge­weet wat hy met die kind gaan doen nie. Ek be­sit nie ‘n sel­foon nie so ek kon nie­mand bel. Ek het hom ook nie weg­ge­steek vir die po­li­sie nie, hy het self in die ka­mer weg­ge­kruip.”

Vol­gens haar word sy deur die ge­meen­skap ge­dreig, sleg­ge­sê en ver­oor­deel.

“Ek ver­staan nie hoe­kom nie. Ek kan nie eens in my huis gaan woon nie. Ek het nie vir Na­ta­sha aan­ge­rand nie, my broer het. Ek wil net weer in vre­de in my eie huis gaan woon.” Campher sê sy praat glad nie wat haar broer ge­doen het goed nie.

“Hy moet in die tronk bly. Hy kon Na­ta­sha dood­ge­maak het. Hy het ‘n ge­skie­de­nis van geweld, hy het my ook al met ‘n bord in my ge­sig ge­slaan. Hy is ook met ‘n in­ter­dik uit my pa se huis ge­sit. Hy is ‘n ge­wel­de­naar en moet boet vir wat hy ge­doen het.”

Vol­gens haar was sy tel­ke­ma­le by die po­li­sie om te kla oor haar broer se ge­drag en oor die feit dat hy net by haar huis in­kom en dan nie weer wil loop nie.

Jul­lies sê hy werk as nag­wag vir ‘n se­ker­heids­maat­skap­py.

“Ek het in die og­gen­de by die huis ge­kom en saans weer gaan werk. Son­dag toe ek by die huis kom het ek ge­sien wat ge­beur het, maar my sel­foon was stuk­kend. Ek kon nie­mand bel nie. Ek het vir Ash­ley ge­sê ons moet po­li­sie­sta­sie toe gaan, ek sal saam met haar stap, maar ek het reg­deur Maan­dag ge­slaap tot am­per voor ek moes gaan werk.”

Vol­gens hom het hy ook al die po­li­sie ge­bel om En­ver te ver­wy­der.

“Dit was drie maan­de voor die groot aan­ran­ding. Hy het ook by Ash­ley se plek aan­ge­kom en Na­ta­sha was le­lik aan­ge­rand. Ek het die po­li­sie ge­bel en toe hul­le kom het hy vir hul­le ge­sê dis an­der men­se wat haar aan­ge­rand het en hy het bloed op sy han­de, want hy het pro­beer keer. Sy het self nog vir die po­li­sie pro­beer sê dat dit eint­lik hy was. Die po­li­sie het met hom ge­praat en haar dok­ter toe ge­neem. En­ver is skel­len­de weg by die huis. Hy het ‘n ruk­kie la­ter men­se na my werks­plek toe ge­stuur wat my ge­dreig het en ge­sê het hul­le gaan my dood­maak as ek weer so iets aan En­ver doen. Ek het self kin­ders. Hoe moet hul­le ver­staan as hul­le pa dood is om­dat hy ie­mand an­ders se ge­mors pro­beer reg­maak het.”

Vol­gens Jul­lies het hy vir Campher ge­sê hy wil nie meer by En­ver se geweld be­trok­ke wees nie om­dat hy vrees vir sy eie le­we.

Campher en Jul­lies, so­wel as Campher se seun, moes na die voor­val an­der heen­ko­me soek om­dat die ge­meen­skap ge­dreig het om hul­le aan te rand as hul­le weer na die huis in Bon­go­let­hu te­rug keer. “Dit is mak­lik vir men­se om ons te oor­deel oor wat ge­beur het. Hul­le weet nie waar­deur ons voor die tyd is nie.”

Na­ta­sha Mei

Mei is ver­le­de week, ‘n maand na die voor­val uit die hos­pi­taal ont­slaan. Haar ge­sig is steeds ge­swel en sy het dra­de in haar mond. Haar ka­ke­been is ty­dens die aan­ran­ding ge­breek. Sy suk­kel ook om te loop.

El­ma­ren­cia van Han­sen, Mei nig­gie sê dit gaan be­ter met Mei.

“Sy suk­kel om te eet en te praat. Sy het brand­won­de op haar lyf waar sy met iets ge­brand is. Sy ont­hou nie al­les wat in die voor­val ge­beur het nie.”

Fo­to: Liezl van Nie­kerk

Na­ta­sha Mei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.