Moord­ver­dag­te se aan­soek om bor­tog uit­ge­stel

Oudtshoorn Courant - - NEWS - LIEZL VAN NIE­KERK

Die man van De Rust wat op die moord van die 16-ja­ri­ge Dei­r­dré Op­per­man aan­ge­kla word, het ver­le­de Dins­dag in ‘n stamp­vol Oudts­hoorn-land­dros­hof ver­skyn.

C­lif­ton Booy­sen word daar­van aan­ge­kla dat hy Dei­dré Op­per­man vroeg in Sep­tem­ber ver­moor het.

Kap­tein Mal­colm Po­jie, Suid-Kaap­se po­li­sie­woord­voer­der, het ge­sê Op­per­man het Sa­ter­dag 1 Sep­tem­ber ver­mis ge­raak na sy saam met haar neef gaan kui­er het.

“’n Groot­skaal­se soek­tog is van sta­pel ge­stuur en het die Maan­dag uit­ge­brei tot langs die N12 in die rig­ting van Ou­de­mura­gie waar daar toe na 15:00 op die half naak­te lig­gaam van die oor­le­de­ne ag­ter dig­te bos­se af­ge­kom is.

“Sy het veel­vul­di­ge be­se­rings aan haar hoof op­ge­doen. ‘n Klip wat met bloed be­vlek was is na­by die lig­gaam ge­vind en op be­slag ge­lê. Die lig­gaam was on­her­ken­baar ver­mink en ver­brand,” het hy ge­sê. Land­dros Roelf Kon­sta­bel het die saak vir ‘n for­me­le borg­to­gaan­soek tot 3 Ok­to­ber uit­ge­stel.

Op­per­man se ver­kool­de lig­gaam is twee we­ke ge­le­de in ‘n veld bui­te De Rust ge­vind.Sy was twee dae ver­mis voor hul­le haar lig­gaam ge­vind het. Kapt. Mal­colm Po­jie, Suid-Kaap­se po­li­sie­woord­voer­der, het ge­sê sy het veel­vul­di­ge be­se­rings aan haar hoof op­ge­doen. Daar is be­slag ge­lê op ‘n klip wat met bloed be­vlek was en na­by die lig­gaam ge­vind is.

Die lig­gaam was on­her­ken­baar ver­brand.

Dei­dré Op­per­man

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.