Mo­del­vlieg­tuie lok hon­der­de na lug­ha­we

Oudtshoorn Courant - - SPORT - CHRIS­TO VER­MAAK

Die Oudts­hoorn-mo­del­vlieg­tuig­s­kou is die af­ge­lo­pe na­week vir die 47ste keer aan­ge­bied.

Die vlieg­tuig­s­kou staan nou be­kend as die Kan­go-mo­del­vlieg­tuig­s­kou en word deur die Kan­go­vlieg­klub aan­ge­bied.

Ray Moody, on­der­voor­sit­ter van die Kan­go-vlieg­klub, ver­tel hy het na Oudts­hoorn ver­huis om die mo­del­vlieg­tuig­s­kou te be­gin.

“By die eer­ste skou was daar agt mo­del­vlieg­tuie. Nou, 47 jaar la­ter het 65 mo­del­vlieg­tuig-vlie­ë­niers met 127 vlieg­tui­gies vir groot ver­maak by die Oudts­hoorn-lug­ha­we ge­sorg.

Jaco Eras­mus, voor­sit­ter van die Kan­go-mo­del­vlieg­tuig­klub, sê hy is baie te­vre­de met die op­koms. Bei­de Eras­mus en Moody het hul te­vre­den­heid uit­ge­spreek met die hon­der­de men­se wat die vlieg­skou by­ge­woon het.

Dit het van­jaar van 21 tot 25 Sep­tem­ber plaas­ge­vind.

Moody sê mo­del­vlieg­tuig-en­toe­si­as­te reis jaar­liks van o­ral in SuidA­fri­ka om dié ver­to­ning te aan­skou.

Fo­to: E­be­ne­zer Ti­tus

Mo­del­vlieg­tuie soos die het van die ver­to­nings soos die wa­re Ja­kob laat lyk.

Fo­to: Chris­to Ver­maak

Mo­del­vlieg­tui­gie staan ge­reed op by die Oudts­hoorn-lug­ha­we.

Fo­to: S­te­ven W E­vans

Ray Moody, die on­der­voor­sit­ter van Kan­go-vlieg­klub.

Fo­to: Chris­to Ver­maak

Die rooi­kop­pop wag ge­dul­dig om oor Oudts­hoorn te vlieg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.