Ko­bra knus in man se bed

Oudtshoorn Courant - - VOORBLAD - HANNES VISSER

‘n Kaap­se ko­bra van on­ge­veer 1,2 m het Dins­dag­aand ge­sorg dat ‘n man blits­vin­nig uit sy bed ge­spring het.

Vol­gens Mor­nay T­hys­se van die Oudts­hoorn-brand­weer, is hy Dins­dag­aand om on­ge­veer 21:00 na ‘n huis bui­te Dys­sels­dorp ont­bied waar ‘n werk­span, wat aan die N12 werk, woon.

Vol­gens hom het een van die wer­kers met groot oë ver­dui­de­lik dat daar ‘n slang in sy bed is. Die man het in die bed in­ge­klim en na ‘n ruk­kie ge­voel iets skuur teen sy lyf. Toe hy weer iets voel het hy sy hand on­der die kom­ber­se in­ge­steek en aan die slang ge­vat. Hy is uit die bed en uit die ka­mer uit son­der om te kyk wat­ter soort slang dit is.

T­hys­se het die ko­bra ge­vang waar dit steeds knus in die bed ge­lê het.

“Kaap­se ko­bras is ui­ters gif­tig en die man is baie ge­luk­kig dat die slang hom nie ge­pik het toe hy in die bed ge­klim en selfs aan die slang ge­vat het nie.”

Fo­to ver­skaf

Mor­nay T­hys­se met die Kaap­se ko­bra van on­ge­veer 1,2 m wat in ‘n pad­wer­ker se bed wou oor­nag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.