Dag­ga in Van Wyks­dorp ge­vind

Oudtshoorn Courant - - NEWS -

Twee per­so­ne van Tan­za­nië is Dins­dag om on­ge­veer 15:45 in Van Wyks­dorp in heg­te­nis ge­neem vir han­del­dryf in dag­ga.

Vol­gens ao. Jan Ce­de­r­as, woord­voer­der van La­di­smith-po­li­sie, het hul­le in­lig­ting op­ge­volg en ‘n in­for­me­le ne­der­set­ting in Van Wyks­dorp deur­soek.

“Een sak dag­ga is op die dak van die op­slaan- hut ge­vind. Nog ‘n sak met dag­ga is na­by die hok van twee A­me­ri­kaan­se veg­hon­de, waar dit weg­ge­steek was, ge­vind. Daar is op 23 pak­kies dag­ga, wat in tyd­skrif­pa­pier toe­ge­draai was, be­slag ge­lê. Die to­ta­le ge­wig is 2,440 kg dag­ga.”

Die mans is on­der­skei­de­lik 31 en 36 jaar oud en sal bin­ne­kort in die La­di­smith-land­dros­hof ver­skyn.

Ver­skaf

Die op­slaan­hut in Van Wyks­dorp waar die dag­ga ge­vind is. Fo­to

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.