Po­li­sie vra hulp met La­di­smith-in­braak

Oudtshoorn Courant - - NEWS -

La­di­smith-po­li­sie on­der­soek ‘n klag van huis­braak met die op­set om te s­teel en ‘n klag van dief­stal na daar by S­par in­ge­breek is.

Vol­gens ao. Jan Ce­de­r­as, woord­voer­der van die La­di­smith-po­li­sie, het die ei­e­naar se seun die win­kel op Vry­dag 5 Ok­to­ber oop­ge­sluit.

“Toe hy die kan­toor bin­ne­gaan het hy ge­sien hoe deur­me­kaar dit is. Hy het da­de­lik on­raad ver­moed en sy pa ge­bel.

“Die po­li­sie is ge­kon­tak en daar is vas­ge­stel dat toe­gang ver­kry is deur die bad­ka­mer­ven­ster, aan die ag­ter­kant van die win­kel, se dief­we­ring weg te buig.”

Vol­gens Ce­de­r­as is daar si­ga­ret­te, ju­we­le, ‘n skoot­re­ke­naar en kon­tant ge­steel.

“Die to­ta­le waar­de van die ei­en­dom wat ge­steel is, is nog nie be­kend nie. Die HP He­w­lett Richard skoot­re­ke­naar is on­ge­veer R20 000 werd.”

E­ni­ge in­lig­ting met be­trek­king tot die in­braak kan deur­ge­gee word aan La­di­smith-speur­tak. Ska­kel hul­le by 028 551 8127 of die on­der­soek­be­amp­te, sers. David Moos by 028 551 8123. Al­le in­lig­ting sal ver­trou­lik han­teer word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.