De Krans ont­vang dub­bel­goud by Ve­ri­tas

Oudtshoorn Courant - - NEWS -

De Krans-wyn­kel­der in Ca­litz­dorp het pas nog goue me­dal­jes toe­ge­voeg tot hul me­dal­jes vir 2017.

Die Ca­pe Vin­ta­ge Re­ser­ve 2014 het op 6 Ok­to­ber dub­bel­goud ver­o­wer ty­dens die 2017 Ve­ri­tas Wyn­skou. De Krans het ook weg­ge­stap met twee goue me­dal­jes vir on­der­skei­de­lik die Ca­pe Ta­wny Li­mi­ted Re­le­a­se NV en die Ca­pe Vin­ta­ge Re­ser­ve 2015.

In Sep­tem­ber van­jaar was hier­die port ook die wen­ner van ‘n goue me­dal­je by die Mi­chel­an­ge­lo In­ter­na­si­o­na­le Wyn en S­pi­ri­tus-toe­ken­nings.

Vroe­ër van­jaar is dit be­noem as een van SA se Top-100-wy­ne en het dit ook ‘n Dub­bel-Pla­ti­num toe­ken­ning ont­vang by die 2017 Na­ti­o­nal Wi­ne Chal­len­ge. Die Ca­pe Vin­ta­ge Re­ser­ve 2014 was een van 1638 wy­ne wat van­jaar by hier­die kom­pe­ti­sie in­ge­skryf is. Slegs 71 dub­bel­goue en 193 goue me­dal­jes is toe­ge­ken. Die Ve­ri­tas-kom­pe­ti­sie is een van Suid-A­fri­ka se oud­ste en mees ge­sag­heb­ben­de wyn­kom­pe­ti­sies, wat deur van die land se top­wyn­ken­ners be­oor­deel is.

Fo­to ver­skaf

Lou­is van der Riet, wyn­ma­ker van De Krans (links) ont­vang die dub­bel­goue me­dal­je van Chris­to Pie­naar, voor­sit­ter van Ve­ri­tas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.