204 die­re ge­ënt teen honds­dol­heid

Oudtshoorn Courant - - NEWS -

Die staats­vee­arts op Oudts­hoorn het op 28 Sep­tem­ber 204 die­re, waar­van mees­te kat­te en hon­de was, teen honds­dol­heid in­ge­ënt.

Vol­gens Cathy Fox, die staats­vee­arts, was dit ‘n i­ni­si­a­tief vir Wê­reld­honds­dol­heids­dag.

“Die ent­stof is deur die Wes-Kaap­se de­par­te­ment van land­bou: die­re-ge­sond­heid ge­borg. Ons be­plan om dit jaar­liks vir die plaas­li­ke troe­tel­dier­ei­e­naars te doen, ver­al om­dat honds­dol­heid le­wens­be­drei­gend vir bei­de die­re en men­se is,” het sy ge­sê.

Vol­gens haar is honds­dol­heid ‘n en­de­mie­se siek­te in Suid-A­fri­ka en gaan on­ge­veer 20 men­se, meest­al kin­ders, jaar­liks dood aan die siek­te as hul­le deur hon­de ge­byt word wat honds­dol­heid het.

“Dit is ver­plig­tend om hon­de en kat­te min­stens el­ke twee tot drie jaar te laat in­ent om te ver­hoed dat die siek­te on­der die­re ver­sprei. Ons kan­toor doen deur die res van die jaar mo­bie­le-honds­dol­heid­veld­tog­te in a­re­as waar men­se nie die diens­te van ’n vee­arts kan be­kos­tig nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.