Suk­ses­vol­le skiet­dag op Tru­ters­dal

Oudtshoorn Courant - - CLASSIFIEDS -

Die SA jag­ters- en wild­be­wa­rings­ver­e­ni­ging (SAJWV), Klein Ka­roo-tak, het ‘n suk­ses­vol­le skiet­dag op Tru­ters­dal, Hei­mans­ri­vier aan­ge­bied.

Die skiet­dag het op Sa­ter­dag 7 Ok­to­ber plaas­ge­vind.

Ni­co van der Mer­we, woord­voer­der vir die klub, het Dins­dag ge­sê die skiet­dag was ‘n o­pe­dag, “so­dat elk­een kon skiet wat hy wil.

“Daar was pa­pier­tei­kens tot op 300 m en g­ongs van­af 180 m tot 755 m.”

Die jong­ste skut Re­gardt van der Mer­we (SA jag­ters lid­nom­mer 089403) is slegs vier jaar oud en die oud­ste is Rob Fis­her 68 (SA jag­ters lid­nom­mer 014880).

Al­te­saam het 31 (17 nie-le­de) skuts deel­ge­neem.

Van der Mer­we sê hul­le het met ver­skil­len­de vuur­wa­pens, soos die .22, 9 mm-hand­wa­pens en jag­ge­we­re ge­skiet.

Dag is af­ge­sluit met ‘n ge­sel­li­ge braai on­der die bo­me.

Die SAJWV Klein-Ka­roo se vol­gen­de skiet­dag, Sa­ter­dag 11 No­vem­ber, sal weer ‘n jag­ge­si­mu­leer­de oe­fe­ning wees. “Ons sal op die Swart­wil­de­bees-sim­mu­la­sie skiet.”

Kon­tak Van der Mer­we vir e­ni­ge ver­de­re na­vrae by 082 781 6810.

Fo­to ver­skaf

Re­gardt van der Mer­we (4 jaar) lê aan om te skiet. By hom sit Ni­co van der Mer­we.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.