I­re­ne Ver­meu­len is Ge­or­ge se top sa­ke­per­soon

Oudtshoorn Courant - - NEWS - Han­nes Vis­ser

‘n Vrou wat 30 jaar ge­le­de op slegs 22-ja­ri­ge ou­der­dom ‘n ban­krot doodskis­fa­briek in Oudts­hoorn met ge­leen­de geld ge­koop het is op 29 Sep­tem­ber as die Ge­or­ge-sa­ke­ka­mer se sa­ke­per­soon van die jaar aan­ge­wys.

I­re­ne Ver­meu­len, die be­ken­de ei­e­naar van Oudts­hoorn Be­graf­nis­diens­te, O­li­vier en Ver­meu­len Be­graf­nis­diens­te in Ge­or­ge en Knys­na as­ook die kre­ma­to­ri­um in Ge­or­ge het die spog­toe­ken­ning ty­dens ‘n ge­leent­heid by die Ou­baai Ho­tel ont­vang. Ver­meu­len, wat tans die e­nig­ste vrou in die land is wat haar eie kre­ma­to­ri­um be­sit, het haar eer­ste be­graf­nis­diens met ‘n ou Peu­ge­ot-sta­sie­wa be­gin kort na­dat sy die doodskis­fa­briek ge­koop het en be­sef het daar is ‘n ga­ping in die mark. Sy is ook die ei­e­naar van Mi­lan Gra­ni­te and Mar­ble en Steel Vin­ta­ge De­signs in Oudts­hoorn.

In ‘n on­der­houd met die Ge­or­ge He­rald, sus­ters­koe­rant van die Oudts­hoorn

Cou­rant, het sy ge­sê: “Dit voel goed om uit­ein­de­lik er­ken te word as ‘n suk­ses­vol­le sa­ke­vrou. Dit is eg­ter nie die ein­de van die ge­veg nie. Ek streef daar­na om die in­dus­trie waar­in ek is meer per­soon­lik te maak en ek glo daar be­hoort ‘n der­de be­graf­nis­op­sie te wees vir men­se wat graag in die na­tuur be­gra­we wil word. Die le­we gaan oor keu­ses.”

Sy woon in Knys­na se­dert sy ne­ge jaar ge­le­de ‘n be­graf­nis­diens daar oor­ge­neem het, maar sy be­soek haar sa­ke­be­lan­ge in Ge­or­ge en Oudts­hoorn op ‘n week­lik­se ba­sis.

Haar on­der­ne­ming, Oudts­hoorn Be­graf­nis­diens­te is vol­gen­de Don­der­dag­aand, 26 Ok­to­ber, die hoof­borg en gas­heer van die Oudts­hoorn­be­sig­heids­ka­mer se maan­de­lik­se net­werk­aand.

Fo­to ver­skaf

I­re­ne Ver­meu­len ont­vang haar toe­ken­ning as die Ge­or­ge Sa­ke­ka­mer se sa­ke­per­soon van die jaar van Ri­aan Ma­rais, a­re­a­be­stuur­der van Ned­bank Business Ban­king.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.