Val­ke slaan toe in Kan­na­land

Oudtshoorn Courant - - VOORBLAD - CHRIS­TO VER­MAAK

Die po­li­sie se spe­si­a­le on­der­soek­een­heid, die Val­ke, het op Kan­na­land-mu­ni­si­pa­li­teit en I­co­sa se kan­to­re in La­di­smith toe­ge­slaan.

Kapt. Lloyd Ra­mo­vha, Wes-Kaap­se woord­voer­der vir die Val­ke, het Dins­dag be­ves­tig dat hul­le 17 Ok­to­ber by die ver­mel­de in­stan­sies toe­ge­slaan het. “As deel van ‘n be­dro­gon­der­soek het ons op re­ke­naars en do­ku­men­ta­sie be­slag ge­lê.” Ra­mo­vha wou nie sê wie word vir be­drog on­der­soek nie.

“Geen ar­res­ta­sies is uit­ge­voer nie. ‘n Fo­ren­sie­se on­der­soek sal nou op in­lig­ting ver­vat op die re­ke­naars en do­ku­men­ta­sie ge­doen word.”

I­co­sa het die Kan­na­land-mu­ni­si­pa­li­teit tot voor die 3 Au­gus­tus 2016-ver­kie­sing re­geer. “Ons gaan nie op hier­die sta­di­um sê of die be­dro­gon­der­soek met die re­ge­ring van die mu­ni­si­pa­li­teit ver­band hou nie,” het Ra­mo­vha ge­sê.

Kan­na­land se bur­ge­mees­ter het by mon­de van haar woord­voer­der, Ian A­von­tuur ge­sê: “Ons (die mu­ni­si­pa­le raad) neem ken­nis van die Val­ke se op­tre­de in La­di­smith, en vra dat die ge­reg sy ver­loop moet neem.”

I­co­sa se na­si­o­na­le woord­voer­der en WesKaap­se pro­vin­si­a­le lei­er, Da­wid Kam­fer, sê: “Die Val­ke se be­soek was on­ver­wags. Dit was ‘n skok. Ons weet nie wat is die mo­tief nie.”

Kam­fer het sy kom­mer uit­ge­spreek oor die feit dat daar op I­co­sa-le­de se lid­maat­skap­do­ku­men­ta­sie be­slag ge­lê is. “Per­soon­li­ke in­lig­ting is daar­in ver­vat.”

Hy het die Val­ke be­skul­dig van ‘n po­li­ties­ge­dre­we on­der­soek. “Ons was be­sig met ons eie on­der­soek teen die DA/ ANC-ko­a­li­sie re­ge­ring. Ver­skeie klag­tes van be­drog is teen hul­le ge­rap­por­teer en nou het die Val­ke op al die be­wy­se be­slag ge­lê.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.