Vrou in huis aan­ge­rand

Oudtshoorn Courant - - VOORBLAD - LIE­ZL VAN NIE­KERK

‘n 62-ja­ri­ge vrou van Oudts­hoorn vrees vir haar le­we na sy ver­le­de Don­der­dag­aand deur twee mans in haar huis aan­ge­rand en met die dood ge­dreig is. Die twee mans het ook ju­we­le, haar hand­sak met on­der­meer haar i­den­ti­teits­do­ku­ment en bank­kaar­te ge­steel waar­na hul­le met haar mo­tor ge­vlug het.

Die voor­val het in ‘n woon­stel in St. Ge­or­ges­straat ge­beur.

Vol­gens sers. G­re­t­chen Mi­che­als, woord­voer­der van die Oudts­hoorn-po­li­sie, is die mans, on­der­skei­de­lik 25 en 33 jaar oud, die­self­de dag in heg­te­nis ge­neem. Hul­le on­der­soek klag­tes van huis­roof, dief­stal van ‘n mo­tor­voer­tuig as­ook twee ek­stra klag­tes van dief­stal van­uit ‘n voer­tuig om­dat die ver­dag­tes ver­moe­de­lik by nog twee voer­tuie in die­self­de kom­pleks in­ge­breek het. Die vrou se mo­tor is te­rug­ge­vind.

Ru­an Nel en Rai­nier Claas­sen het Maan­dag in die Oudts­hoorn-land­dros­hof ver­skyn en het gis­ter om borg­tog aan­soek ge­doen.

Die vrou se naam is aan die Oudts­hoorn

Cou­rant be­kend, maar word weer­hou om­dat sy steeds vir haar le­we vrees.

Vol­gens die vrou, wat on­langs ook ‘n heup­ver­van­ging ge­had het, het sy reeds ge­slaap toe sy Don­der­dag­aand wak­ker skrik met ‘n man wat bo-oor haar staan.

“Hy het ‘n kop­lam­pie op­ge­had en het die lig in my oë ge­skyn so­dat ek nie kan sien wie hy is nie. Hy het die le­lik­ste woor­de ge­bruik en heel­tyd vir my ge­sê hy soek my goud, waar is die goud? Ek het pro­beer ver­dui­de­lik dat daar nie goud is nie, maar hy wou nie luis­ter nie. Hy het my eers met die du­vet en toe met die kus­sing pro­beer ver­smoor.”

Vol­gens haar kon sy daar­in slaag om haar kop te draai en het toe ge­sien dat die man haar baad­jie aan het.

“Hy het my PIN vir my bank­kaar­te ge­vra en ge­sê hy gaan my kom dood maak as ek die ver­keer­de ko­de gee. Ek het toe vir hom die reg­te ko­de ge­gee. Hy het ge­sê hul­le is meer as een en een van hul­le gaan in die sit­ka­mer wag, ek mag nie be­weeg nie. Hy het toe weer ge­sê as hul­le nie die geld kan trek nie gaan hul­le my dood maak. Toe hy uit die ka­mer uit is het ek die bed­lig­gie aan­ge­sit. Hy het om­ge­draai en die bed­lamp stuk­kend ge­slaam en my ‘n klap in my ge­sig ge­gee. Ek het ge­hoor hul­le is uit by die deur, maar ek het ge­weet ek kan nie in die bed bly lê nie. Ek moet hier uit. As daar nou ‘n skelm in die sit­ka­mer sit en wag dan moet ek hom maar fa­ce. Die vreemd­ste van als was dat ek nie eens die seer aan my heup ge­voel het nie. Al waar­aan ek kon dink was dat ek uit die huis moet kom. Ek is net dank­baar dat hul­le my nie ver­krag en dood­ge­maak het nie.”

Vol­gens die vrou het sy ‘n spaar­sleu­tel in die huis ge­soek en is toe uit by die deur. Nie­mand het vir haar ge­wag nie. Sy het by haar bu­re om hulp gaan vra.

“Toe ek bui­te kom be­sef ek eers dat my kar weg is. Hul­le het die kom­pleks se hek af­ge­breek en is weg met my kar. Dit is toe dat ek be­sef dat hul­le waar­skyn­lik eers by my kar in­ge­breek het, want my woon­stel se an­der sleu­tel lê in die kar. So hul­le moes daar­die sleu­tel ge­bruik het om by die woon­stel in te kom.”

Die vrou sê sy is bang dat die boe­we sal te­rug kom om haar dood te maak.

“Hul­le kon nie geld uit my re­ke­nin­ge trek nie, want om een of an­der re­de het die OTM waar hul­le was af­ge­gaan. Ek is net so hart­seer oor my ju­we­le. Al­les was nie eers waar­de­vol nie, maar ek het sen­ti­men­te­le waar­de aan van die i­tems ge­had. Ek het een han­ger­tjie in G­rie­ke­land ge­kry. Ek wens so ek kan min­stens net dit te­rug­kry.”

Sy het ver­der ge­sê sy hoop nie dat die twee mans borg­tog toe­ge­staan word nie.

“Dit wat hul­le aan my ge­doen het wens ek vir nie­mand toe nie. Ek kan nie eens vir ie­mand be­skryf wat pre­sies op daar­die oom­blik deur my kop ge­gaan het nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.