Groen ver­leent­heid se wa­ter skit­ter nou

Oudtshoorn Courant - - NEWS - CHRIS­TO VER­MAAK

Die groen wa­ter van die NA Smit-swem­bad wat ver­le­de Sa­ter­dag tot groot ver­leent­heid ge­lei het is nou hel­der en ge­reed vir ge­bruik. Se­s­tig werk­ne­mers van die Oudts­hoor­n­mu­ni­si­pa­li­teit moes se­dert Don­der­dag 19 Ok­to­ber spar­tel om die swem­bad en struk­tu­re ge­reed te kry vir SWD-swem­fe­de­ra­sie se eer­ste van twee ga­las om vir die in­ter­pro­vin­si­a­le swem­kam­pi­oen­skap­pe te kwa­li­fi­seer.

En­ke­le dae voor die ga­la was die swem­bad se wa­ter gras­goen, die ge­boue ver­val­le met stuk­ken­de rui­te en verf wat af­ge­dop het. Dit was dui­de­lik dat ‘n swem­ga­la nie daar kon plaas­vind nie.

Da­ve van der Walt, se­kre­ta­ris van die E­dens­port­raad, het sy on­te­vre­den­heid uit­ge­spreek oor die toe­stand van die swem­bad en die mu­ni­si­pa­le raad se vi­sie om sport­toe­ris­me in Oudts­hoorn te be­vor­der, be­vraag­te­ken.

Raads­lid Ge­or­ge Ker­sop (wyk 2 se raads­lid) het Don­der­dag in­ge­gryp en die de­par­te­ment ge­meen­skaps­diens­te op­ge­kom­man­deer om die swem­bad se wa­ter skoon te kry, die ge­boue te verf, stuk­ken­de rui­te en ‘n deur te ver­vang en die tuin rond­om die swem­bad te ver­fraai. Vry­dag het die be­stuur van die E­den-swem­fe­de­ra­sie, on­der lei­ding van hul voor­sit­ter, Ray­mond Pol­li­cu­te, die swem­bad kom in­spek­teer en be­sluit dat die ga­la kan voort­gaan.

Pol­li­cu­te het Dins­dag aan die Oudts­hoorn

Cou­rant ge­sê: “Ons wil nie ga­las van Oudts­hoorn ont­trek nie. Ons wil die dorp on­der­steun en sal selfs help om die ge­rie­we op stan­daard te kry.”

Pol­li­cu­te het die ver­se­ke­ring ge­gee dat groot swem­ga­las reeds vir Oudts­hoorn be­spreek is. Dit sluit die SA swem­kam­pi­oen­skap­pe in A­pril 2018 in.

In­tus­sen is die Kerk­straat-swem­bad en ge­boue ook op­ge­gra­deer. Die mu­ni­si­pa­li­teit sou gis­ter (Don­der­dag 26 Ok­to­ber) be­gin om dit met wa­ter te vul.

Ten op­sig­te van die NA Smit-swem­bad ver­leent­heid, het mu­ni­si­pa­le woord­voer­der, N­to­be­ko Mang­q­weng­q­we, Woens­dag ge­sê: “’n In­ter­ne on­der­soek is aan die gang.”

Fo­to: Chris­to Ver­maak

Raads­lid Ge­or­ge Ker­sop (links) en ‘n mu­ni­si­pa­le amp­te­naar maak Sa­ter­dag se­ker die NA Smit-swem­bad is reg vir die ga­la wat Sa­ter­dag plaas­ge­vind het.

Fo­to: Chris­to Ver­maak

Die op­ge­gra­deer­de Ker­straat-swem­bad, net voor dit Don­der­dag vol wa­ter ge­tap sou word.

Fo­to ver­skaf

Die NA Smit-swem­bad na dit skoon­gen­maak is, die ge­boue op­ge­gra­deer is en die per­seel skoon­ge­maak is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.