Hon­der­de steun Swart Maan­dag

Oudtshoorn Courant - - NEWS - LIEZL VAN NIE­KERK

On­ge­veer 800 men­se van Oudts­hoorn en die om­lig­gen­de ge­bie­de het Maan­dag met trek­kers, vrag­mo­tors en bak­kies by­me­kaar­ge­kom ter on­der­steu­ning van die lands­wye Swart Maan­dag-veld­tog.

Die veld­tog het ten doel ge­had om die Suid-A­fri­ka­ners se hart­seer oor plaas­moor­de en ook an­der moor­de in die land uit te spreek.

Deon (Bos­sie) Bos­man, die or­ga­ni­seer­der van Oudts­hoorn se by­een­koms, sê hy was aan­ge­naam ver­ras met die hoe­veel­heid men­se wat op­ge­daag het.

“Nou weet ek ons men­se kan ook saam­staan wan­neer hul­le weet din­ge in die land gaan nie soos dit moet nie. Ek is ver­al trots op die feit dat daar geen voor­val­le by ons op­tog was nie en dat al­mal in goeie gees deel­ge­neem het.”

Bos­man sê hy wil ver­al die ver­keers­de­par­te­men­te en die po­li­sie be­dank.

“Dit is al­les aan hul­le te dan­ke dat die dag so ‘n groot suk­ses was.”

Die op­tog het 11:00 op die Ca­litz­dorp-pad be­gin met ‘n ge­bed waar­na die op­tog­gan­gers in drie groe­pe ver­deel het op die De Rust-pad. Ge­or­ge-pad en ook die Ca­litz­dorp-pad te ver­sper.

Fo­to: Han­nes Vis­ser & Liezl van Nie­kerk

‘n Deel van die on­ge­veer 800 men­se wat op Swart Maan­dag op die Ca­litz­dorp by­een­ge­kom het.

Die op­tog­gan­gers, jonk en oud, het Maan­dag op Oudts­hoorn aan die Swart Maan­dag-veld­tog deel­ge­neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.