Pro S­tars wen OPL Top-8 vlak­kie­krie­ket

Oudtshoorn Courant - - CLASSIFIEDS - GAR­NETT WI­COMB

Pro S­tars van 15de Laan B­ridg­ton, het Son­dag die Top-8 Oudts­hoorn P­re­mier­liga (OPL) van die E­den Rain­bow De­ve­lop­ment Pro­jects (ERDP) ge­wen, toe hy die span van Nep­pon War­ri­ors van Riem­vas­maak in ‘n na­el­byt­stryd op die Au­ri­al Kol­le­ge­sport­ter­rein met twee lo­pies ge­klop het.

Pro S­tars het eer­ste ge­kolf en 100 lo­pies aan­ge­te­ken waar­na die War­ri­ors met die laas­te bal van die wed­stryd al­mal vir 98 lo­pies uit­ge­haal is. Die War­ri­ors moes ses lo­pies van die laas­te boul­beurt aan­te­ken.

Die se­kre­ta­ris van die ERDP, Mar­co Don­son, het die twee span­ne na die wed­stryd be­dank vir die goeie gees waar­in dit ge­speel is.

Vol­gens Ga­vin Pie­ter­sen, hoof-uit­voe­ren­de­be­amp­te van die OPL, is daar ge­wel­di­ge be­lang­stel­ling en en­toe­si­as­me on­der die jeug om aan vlak­kie­krie­ket en -net­bal deel te neem.

“Ons groot uit­da­ging bly eg­ter steeds om ge­noeg fi­nan­si­ë­le steun te kry om die toer­nooie aan te bied en jong­men­se te mo­ti­veer om weg te bly van dwelms en drank­mis­bruik.”

Sa­ke­man­ne, be­sig­he­de en in­stan­sies wat die ERDP, ‘n ge­re­gis­treer­de nie-wins­ge­wen­de or­ga­ni­sa­sie, wil help kan Pie­ter­sen by

073 738 6746 of die se­kre­ta­ris, Mar­co Don­son, by 071 248 4819 ska­kel.

Fo­to: Gar­nett Wi­comb

Pro S­tars met hul on­der­steu­ners.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.