Von­nis­op­leg­ging van on­wet­tig jag­saak uit­ge­stel

Oudtshoorn Courant - - NEWS - GARNETT WICOMB

Die von­nis­op­leg­ging van drie mans van T­hem­ba­let­hu, Ge­or­ge, wat op drie aan­klag­te van die on­wet­ti­ge jag van be­skerm­de wild met hon­de skul­dig be­vind is, is ver­le­de Don­der­dag nog ‘n keer uit­ge­stel.

Dié keer vir ‘n be­slis­sing oor wat om met die drie hon­de waar­mee hul­le ge­jag het te doen.

Col­leen S­mith van Oudts­hoorn Dogs in Need, het ge­tuig dat die hon­de tans by die Tuin­roe­te-DBV aan­ge­hou word in om­stan­dig­he­de wat nie goed is vir die hon­de nie.

Vol­gens haar moet die hon­de meer ruim­te ge­gee word en kan rond­hard­loop en nie in klein hok­ke aan­ge­hou word nie.

“Dit gaan vir my oor wat is die bes­te vir die hon­de,” het sy ge­tuig en by­ge­voeg dat sy reeds men­se in Kaap­stad en Her­ma­nus ge­vind het wat die hon­de wil aan­neem in­dien die hof so be­slis.

Land­dros Lor­rai­ne Sa­mu­els het ge­las dat die hon­de te­rug­ge­bring word na Oudts­hoorn en in S­mith se sorg ge­laat word tot die af­han­de­ling van die saak.

Si­as Ma­zu­ki­si (33), sy neef, S­parks Re­tyu (34) en ‘n vriend, Fun­di­si­le Ma­se­ti (38) is skul­dig be­vind aan die jag van be­skerm­de die­re son­der ‘n per­mit en bui­te die jag­sei­soen, die jag van die die­re deur ge­bruik te maak van hon­de son­der ‘n per­mit en die we­der­reg­te­li­ke en on­wet­ti­ge be­sit van kar­kas­se van be­skerm­de wil­de die­re son­der ‘n per­mit of die no­di­ge do­ku­men­te.

Die drie is op Son­dag 30 A­pril van­jaar ty­dens ‘n pad­blok­ka­de van die po­li­sie op De Rust in heg­te­nis ge­neem.

Die die­re is met die hon­de wat deur ie­mand op Beau­fort-Wes op­ge­lei is, ge­jag en ge­vang. Ma­zu­ki­si, Re­tyu en Ma­se­ti het op 27 A­pril van­af T­hem­ba­let­hu na Beau­fort-Wes ge­reis om die hon­de te gaan haal en is daar ge­leer hoe om met die hon­de te werk en met hul­le te jag.

Die regs­ver­teen­woor­di­gers van die drie mans, Fran­cois van Zyl (vir Ma­zu­ki­si en Re­tyu) en Vaughn S­ho­ne (vir Ma­se­ti) het die hof vir kor­rek­tie­we toe­sig ge­vra ter­wyl die staats­aan­kla­er, Van­da­na P­re­m­chand, vir op­ge­skor­te von­nis­se en boe­tes vra, maar het toe­ge­gee dat kor­rek­tie­we toe­sig ‘n op­sie is.

Van Zyl het in sy voor­von­nis­be­toog ge­sê die mans en ver­al Ma­zu­ki­si het reeds baie ver­loor deur­dat die po­li­sie op sy mo­tor en hon­de be­slag ge­lê het.

“Sou die mans per­mit­te ge­had het en die reg­te tyd gaan jag het sou hul­le niks ver­keerd ge­doen het nie,” het Van Zyl ge­sê. Vol­gens hom is die hon­de goed op­ge­lei en in ‘n baie goeie toe­stand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.